SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número1"Realness" in images: The adaptation of verbatim text to stage images with specific reference to tot stof | tot stilte - 'n paniekreaksie (2018)The triumph of the silver screen: Christiaan Olwagen's film adaptation of The Seagull índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DUVENHAGE, André. Koalisiepolitiek in Suid-Afrika: Die kuns van die (on)moontlike?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.1, pp.99-121. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n1a6.

Meningspeilings wat onlangs ten opsigte van die steunbasis van politieke partye gemaak is, wissel, maar beklemtoon 'n besliste afname in politieke steun vir die regerende ANC wat reeds 28 jaar aan bewind is. Teen die agtergrond van 'n snelveranderende politieke omgewing, gedryf deur politieke, ekonomiese en maatskaplike faktore, het die Suid-Afrikaanse politieke omgewing 'n kantelpunt bereik, met groot eise wat daaruit voortspruit rakende onder meer die konsolidasie van demokratiese waardes. Die 2021- plaaslike verkiesings het bykans 70 "hang-rade" tot gevolg gehad, waarin geen party 'n volstrekte meerderheid kon behaal nie. Met die algemene verkiesing van 2024 voor die deur, is koalisiepolitiek en/of ander vorme van politieke samewerking 'n hoogs waarskynlike scenario op beide nasionale en sommige provinsiale vlakke. Koalisiepolitiek is 'n redelik nuwe verskynsel in die Suid-Afrikaanse politiek, wat eers sedert die 2016- plaaslike verkiesings buite die Wes-Kaap, naas enkele ander uitsonderings, prakties beslag begin kry het. Koalisiepolitiek in al sy vorme bepaal 'n nuwe stel politieke spelreëls, met verreikende implikasies vir die bestendiging van ons betreklike jong demokrasie en politieke stabiliteit, wat toenemend nuwe uitdagings stel. Tans is talle koalisieregerings in krisissituasies vasgevang, of word gekonfronteer deur patrone van politieke onstabiliteit. Hierdie navorsing is toegespits op koalisiepolitiek in die Suid-Afrikaanse konteks; die uitdagings en geleenthede, voorgehou as die kuns van die (on)moontlike.

Palabras clave : Suid-Afrikaanse politiek; partystelsels; politieke spektrum; koalisies; alliansies; politieke stabiliteit; kantelpunt; konstitusionele demokrasie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons