SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número1A critique of normative constructions of age in four intertextually connected texts: Alba Bouwer's Stories van Rivierplaas, Reza de Wet's Diepe Grond and African Gothic, and Etienne Kallos's EersgeboreneOskar en die Pienk Tannie: The journey of an improbable pair from a French to an Afrikaans stage índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

CLOETE, Fanie. 'n Herbeoordeling van Niccolò Machiavelli se die-doel-heilig-die-middele-benadering tot regeer-kunde. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.1, pp.83-98. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n1a5.

Niccolò Machiavelli het oor 'n tydperk van vyf eeue 'n onverdiend negatiewe staatkundige reputasie as 'n siniese, immorele, magsugtige, wreedaardige en opportunistiese politieke Renaissance-intellektueel gekry. Hy het naamlik gedurende en ná sy betrokkenheid as senior beampte en adviseur in die regering van die Florentynse Republiek 'n besonder sterk premie geplaas op 'n regeerbenadering van "die doel heilig die middele", wat dikwels as oneties beskou word. Sy standpunte is vir baie lank geïsoleerd beoordeel van die komplekse omstandighede waarin hy geleef en gewerk het. Al hoe meer resente kommentaar op en beoordelings van sy werk erken egter dat hy hierdie slegte reputasie verwerf het omdat hy onder die baie moeilike omstandighede van sy tyd en ter wille van sy eie oorlewing en ambisie sy lojaliteit moes bewys aan die wrede outoritêre heersers onder wie hy geleef en gewerk het. Hy het inderwaarheid konsekwent probeer om fundamentele demokratiese regeer-kundebeginsels en -doelwitte, soos stabiliteit, responsiwiteit, openbare deelname, burgerlike tevredenheid en volhoubaarheid, na te streef en te bevorder, maar moes dit op meestal implisiete wyse doen, nie eksplisiet nie. In die lig van resente navorsingsbevindings en gevolgtrekkings beoordeel hierdie artikel sy rol as Renaissance-denker, diplomaat, strateeg en beplanner in 'n meer positiewe lig. Hy was 'n rigtinggewende grondlegger van die demokratiese magspolitieke denkskool in die politieke wetenskap.

Palabras clave : demokrasie; demokratisering; die doel heilig die middele; etiek; Machiavelli; Medici; moraliteit; regeerkunde; Florentynse Republiek; responsiwiteit.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons