SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número1King Kong adapatations (1959-2017): Transversing culture and society"Realness" in images: The adaptation of verbatim text to stage images with specific reference to tot stof | tot stilte - 'n paniekreaksie (2018) índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

MEINTJES, Zanétte. Verskansing: Die voorkoms en gebruik van beperkings- en weerhoudingsmerkers in studente se argumentatiewe tekste. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.1, pp.65-82. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n1a4.

Metadiskoers word in twee kategorieë verdeel, naamlik tekstuele en interpersoonlike metadiskoers. Tekstuele metadiskoers behels die gebruik van woorde en frases om teksinligting op 'n koherente wyse te organiseer, terwyl interpersoonlike metadiskoers die skrywer in staat stel om 'n skrywer-leser-verhouding te bewerkstellig. Verskansers, as deel van die interpersoonlike metadiskoerskategorie, word spesifiek gebruik om skrywerstandpunte te kwalifiseer. Eerstens versag dit skrywerstandpunte tot 'n algehele moontlikheid, en skep sodoende ruimte vir die leser se mening rakende die onderwerp van bespreking. Tweedens toon dit aan wanneer 'n skrywer hom/haar van die standpunte en/of selfs die evaluering daarvan distansieer. Die literatuur word gekenmerk deur verskeie studies rakende die gebruik van verskansing in akademiese tekste, maar daar bestaan 'n leemte oor die gebruik daarvan in Afrikaans-sprekende eerstejaarstudente se geskrewe tekste. As sodanig poog die onderhawige artikel om lig te werp op die tipe verskansers wat deur Afrikaanssprekende eerstejaarstudente gebruik word; die frekwensie in gebruik van verskansers oor al drie die dele van die tekste, naamlik die inleiding, die liggaam (inhoudelike gedeelte) en die slot; of die verskansers korrek en gepas gebruik word; en of daar 'n beduidende verskil is in die gebruik van verskansers tussen studente wat ondergemiddeld, gemiddeld en bogemiddeld presteer het in hulle geskrewe argumente. Die resultate van die ondersoek toon dat Afrikaanssprekende eerstejaarstudente met aanvang van hulle universiteitstudie nie noodwendig ervare is in die gebruik van verskansing nie. Beperkings- en weerhoudingsmerkers het selde in die argumente gefigureer. Derhalwe word aanbeveel dat Afrikaanssprekende eerstejaarstudente op universiteit in Akademiesegeletterdheidsmodules geakkultureer behoort te word ten opsigte van die belangrikheid én die gebruik van verskansing in hulle geskrewe argumente.

Palabras clave : metadiskoers; tekstuele metadiskoers; interpersoonlike metadiskoers; Afrikaanssprekende eerstejaarstudente; geskrewe argumente; verskansing; beperkingsmerkers; weerhoudingsmerkers.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons