SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número1King Kong adapatations (1959-2017): Transversing culture and society índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

CONRADIE, Karlien  y  SWART, Estelle. Die waarde van literêre teater in die bewussyns-opvoeding van psigoterapiestudente. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.1, pp.23-44. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n1a2.

In hierdie konseptuele artikel word die waarde van literêre teater in die bewussynsopvoeding van psigoterapiestudente as beginnerterapeute toegelig. 'n Eerste uitgangspunt van die artikel is bewussynsopvoeding om die ontologiese ingesteldheid as singewende intensionaliteit te kultiveer wat gekenmerk word deur synsdenke en sensitiwiteit vir die gelyktydige teenstry-dighede eie aan die menslike bestaansproblematiek. Teen hierdie agtergrond word die betekenisvolheid van bewussynsopvoeding as geestelike ideaal of Bildung-strewe beskryf, eerder as die performatiewe ideaal van nuwe kennis gerig deur 'n gespesifiseerde doel. Twee moontlike eietydse dilemmas wat psigoterapiestudente se ontwikkelende vermoë tot bewus-synsmatige betrokkenheid soms bemoeilik, word terselfdertyd belig. Dit sluit in begin-nerpsigoterapeute se oormatige selfbewustheid en sentimentele emosionaliteit, asook die tegnokratiese aard van massasielkunde. In die daaropvolgende afdelings verduidelik ons aan die hand van enkele eksemplariese onderrigvoorbeelde hoe literêre teater vanweë die inherente beliggaming van die eksistensieel-fenomenologiese karakter daarvan moontlik kan bydra tot die verskerping en inoefening van psigoterapiestudente se vermoë tot groter bewussynsmatig-heid.

Palabras clave : bewussynsopvoeding; psigoterapie; literêre teater; argetipes; psigotera-piestudent; opleiding; beginnerpsigoterapeute; eksistensieel-fenomeno-logiese disposisie; massasielkunde; simboliese taal.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons