SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número1The changing world of Afrikaans drama translations and adaptations: A few remarks índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

CLOETE, DJ  e  KOTZE, Hercülene. Deon Meyer se Koors en Fever: 'n Ondersoek na die romans se posisie in die (Suid-)Afrikaanse en Engelse (Amerikaanse) literêre polisisteem. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.1, pp.1-22. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n1a1.

Wanneer daar na misdaadfiksie gekyk word, kan die impak van vertalings as deel van die spanningsverhaalsubsisteem ondersoek word, veral in die geval van Deon Meyer wie se werke al in meer as 27 verskillende tale vertaal is. Vir die doel van hierdie artikel word daar gebruik gemaak van Deon Meyer se Fever en Koors ter illustrasie van die waarde en belang van teksposisionering binne 'n groter sisteem - in hierdie opsig, die Amerikaanse literêre poli-sisteem en die Suid-Afrikaanse (Afrikaanse) literêre polisisteem. Sodoende, word die groter sosiale konteks waarbinne beide hierdie tekste geskep maar ook ontvang is, ontsluit. Die primêre ondersoekmetode in hierdie studie is 'n sisteemteoretiese ontleding. In die lig van die data wat gebruik word, word dit ook as 'n resepsiestudie beskou en maak dit gebruik van 'n paratekstuele analise om die data te analiseer. Die ontvanklikheid vir hierdie roman van Meyer mag daaraan te danke wees dat hy in 2011 reeds een van die VSA se topboekpryse, die American Barry Prize for Best Thriller, gewen het en daarom reeds deel van die Amerikaanse literêre polisisteem vorm. Wanneer daar na die parateks van Fever gekyk word, funksioneer die roman as 'n vertaalde spanningsverhaal binne die Amerikaanse spanningsverhaalsubsisteem. Die aanlyn resensies van Fever het grootliks 'n positiewe ontvangs deur kritici en die algemene leserspubliek getoon, en die posisie wat Fever vervolgens in hierdie sisteem inneem, is hieraan te danke. Dit blyk te wees dat, alhoewel misdaadfiksie tipies nie as "kanoniserende literatuur" beskou word nie, dit inderdaad meer sentraal tot die betrokke literêre polisisteem geposisioneer kan wees en bestaande denke hieroor kan verander.

Palavras-chave : polisisteemteorie; literêre polisisteem; spanningsverhaal; misdaadfiksie; Deon Meyer; parateks; resepsie; sisteemteoretiese benadering; parateks-tuele analise; vertaling; literêre kanon.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons