Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
LOTTER, Casper. Het oortreders 'n reg op hervorming of eerder 'n reg op 'n hervorming-gedrewe omgewing?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.4, pp.830-852. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n4a12.
Hierdie bydrae ondersoek die veronderstelling dat oortreders in Suid-Afrika 'n afdwingbare reg het om van die Departement Korrektiewe Dienste te verwag om hul te hervorm. Kundiges soos Omar (2011), wie se uitgangspunt verteenwoordigend van die sogenaamde tradisionele invalshoek is, word onderlê deur 'n gedagtegang dat misdaad hom vertoon as 'n enkelvoudige kwelpunt aangesien ons gemeenskap wesenlik gesond is ('n benadering tot misdaad wat bekendstaan as funksionalisme). My kritiese invalshoek is dat die verontagsaming van die ongenaakbare en onherbergsame omstandighede wat vrygelate gevangenes in die gesig staar, beteken dat hul heeltemal verkeerd beoordeel word. Ek skets 'n vlugtige oorsig van die literatuur gewy aan beide die funksionalistiese en konflikbenaderings tot misdaad wat oor die afgelope vyftig jaar vergader is. Kortliks betoog hierdie benaderings dat afdwingbaarheid van sodanige reg in 'n hardestigmatiserend-beskamingskultuur soos in Suid-Afrika te vinde is, niks minder as 'n sinnelose oefening is nie. My eie teoretiese raamwerk lê êrens tussen wisselwerking- en 'n konflikbenadering tot misdaad. Dit word verder onderlê deur 'n kritiese ontplooiing van die polities-besielde etiketteringspraktyk en postkolonialistiese teorie toegepas op die maat-skaplike jag op hierdie geringgeskattes. Dit is die rede waarom konflikbemiddeling (grondliggende menslike behoeftes) so 'n doeltreffende teoretiese lens is. Daar word tot die slotsom gekom dat 'n oortreder se sogenaamde reg tot hervorming binne die omvang van ons hardestigmatiserend-beskamingskultuur 'n leë, niksseggende gebaar is tensy daar eerder die regte omstandighede geskep word ten gunste van 'n integrerend-beskamingskultuur. Vanuit die gesigspunt van vrygelate gevangenes is dit transformerende, eerder as regstellende, geregtigheid wat dringend benodig word.
Palavras-chave : afdwingbare reg; hervorming; tradisionele invalshoek; Jameelah Omar; enkelvoudige kwelpunt; gemeenskap; wesenlik gesond; funksionalis-tiese benadering; konflikbenadering; hardestigmatiserende-beskamings-kultuur; integrerende-beskamingskultuur; etiketteringspraktyk; heroor-treding; transformerende geregtigheid.