SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue4The third Afrikaans church Bible: Processes and practices of a direct translationLanguage change in the Afrikaans translations of the Gospel of Mark author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

JOUBERT, Fame et al. 'n Perspektief op Orania se OSK Koöperatiewe Bank Beperk. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.4, pp.812-829. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n4a11.

Banke, as mobiliseerders van spaargeld, speel 'n belangrike rol in die kanalisering van beleggings, maar ook in die verbetering van die lewenstandaard van die bevolking of gemeenskappe waarbinne hulle funksioneer. Die omskakeling van besparings na beleggings stimuleer die beleggingsvermenigvuldiger, wat weer toon dat 'n toename in investeringsbesteding die totale ekonomie ondersteun. 'n Analise van die leningsbedrywighede van banke wys dat hierdie instellings beide likiditeits- en solvensieprobleme in die gesig staar. Om hierdie risiko's te vermy, is dit belangrik dat banke die korrekte rentekoers hef wat die risiko verbonde aan die lening en die koste van kapitaal om die lening te befonds, weerspieël. Hierdie artikel ontleed spesifiek die rol wat koöperatiewe banke en koöperatiewe finansiële instellings in die Suid-Afrikaanse ekonomie vervul, deur te fokus op Orania se OSK Koöperatiewe Bank Beperk (OSK), die grootste koöperatiewe bank in Suid-Afrika. Die navorsing bestudeer die ontstaan en ontwikkeling van die OSK se uitleenaktiwiteite om belegging aan te moedig in die omgewing wat deur die bank bedien word. Die gevolgtrekking is onder meer dat die instelling 'n beduidende positiewe invloed op Orania se ekonomiese ontwikkeling gehad het. Die aanbeveling uit hierdie navorsing is dat die OSK as voorbeeld vir ander koöperatiewe banke en koöperatiewe finansiële instellings kan dien, om soortgelyke praktyke in werking te stel en sodoende die direkte omgewing waarbinne hulle werksaam is, te ondersteun.

Keywords : banke; finansiële tussengangers; koöperatiewe banke; geldvoorraad; kredietverlening; Orania; OSK Koöperatiewe Bank Beperk (OSK); ora.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License