SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue4Translation difficulties posed by the Deuterocanonical Books: Jesus Ben Sira as a case studyThe third Afrikaans church Bible: Processes and practices of a direct translation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BASSON, Earl. Herstandaardisering aan die hand van skoolhand-boeke vir die legitimering van Kaapse Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.4, pp.766-790. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n4a9.

In die diskoers oor die herstandaardisering van Afrikaans word gereeld melding gemaak van die negatiewe gevolge van 'n hegemoniese standaardvariëteit in die Afrikaansklaskamer en van hoe die skoolstelsel destyds onderrigmateriaal soos handboeke gebruik het om die opvatting te beskerm dat Standaardafrikaans die enigste legitieme taalvorm is. Ondanks gereelde oproepe tot veranderinge aan die taalvorm van Standaardafrikaans en die taalfunksies van variëteite soos Kaapse Afrikaans, word skool- en handboeke as bron vir taallegitimering in die huidige diskoers oor herstandaardisering oorwegend onderbenut. Hierdie konseptuele artikel stel ondersoek in na die wyse waarop insluiting van Kaapse Afrikaans in handboeke dié variëteit kan legitimeer en Afrikaans kan demokratiseer. Eerstens word Odendaal (2012:125-126) se teoretiese uiteensetting van die begrip herstandaardisering bespreek. Vanuit haar definisie word tot die gevolgtrekking gekom dat herstandaardisering 'n sosiale regstelling kan wees met die doel om Afrikaans te demokratiseer deur variëteite soos Kaapse Afrikaans as 'n voedingsbron vir die standaardvariëteit te gebruik. Die demokratisering van Afrikaans behels dat die stigmas wat aan variëteite gekoppel is, afgebreek word deur die variëteite in gesaghebbende gebruiksdomeine, soos die onderwys-stelsel, in werking te stel. Sodoende word die prestige van die variëteite verhoog en word hulle as legitieme taalvorme gevestig. Hierna word aangevoer dat handboeke diskursiewe kwaliteite besit wat produktiewe moontlikhede bied om die herstandaardisering van Afrikaans te bevorder deur Kaapse Afrikaans as 'n legitieme taalvorm te vestig. Odendaal (2012:462) se herstandaardiseringsraamwerk is as teoretiese vertrekpunt gebruik om aan te toon hoe handboeke in die betrokke fases die legitimering van Kaapse Afrikaans en uiteindelik die herstandaardisering van Afrikaans kan bevorder.

Keywords : standaardtaal; herstandaardisering; Standaardafrikaans; Kaapse Afrikaans; demokratisering; variëteit; legitieme taal; handboeke; diskursiewe praktyke; skool.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License