SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue4What does the Greek say? - Spotlight on translation problems the New Testament posesTranslators cross swords! Translation problems relating to the sword as a weapon in 1 and 2 Maccabees author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

LAWRENCE, Donovan. Afrikaansstudente se gebruik van emoji's. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.4, pp.743-765. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n4a8.

In 'n era waar sosiale media soos WhatsApp toenemend as leerplatform gebruik word en studente se aanlyn kommunikasie gekenmerk word deur die toenemende gebruik van emoji's, is dit nodig om die rol van emoji's in die kommunikasie wat tydens aanlyn leer plaasvind, te ondersoek. Die doel van hierdie navorsing is om vas te stel hoe studente se keuse van emoji's deur konteks beïnvloed word; hoe hulle aanlyn kommunikasie in informele en formele kontekste deur die gebruik van emoji's beïnvloed word; en watter rol emoji's speel in die skep van 'n sosiale teenwoordigheid tydens aanlyn leer. Die bevindings dui daarop dat konteks inderdaad 'n invloed uitoefen en tot welke mate emoji's meer in informele interaksies gebruik word en minder in meer formele aanlyn leer kontekste. Emoji's beïnvloed aanlyn kommunikasie op verskillende maniere: dit maak dit meer pret; meer interaktief; bevorder korrekte interpretasie en sosiale teenwoordigheid. In studente se interaksie met medestudente en tutors help dit veral om 'n gemaklike atmosfeer te skep wat leer kan bevorder. Studente is egter huiwerig en onseker oor die gebruik van emoji's tydens interaksies met dosente. Hoewel sommige die moontlike waarde daarvan kan insien, beskou ander dit as onvanpas.

Keywords : aanlyn leer; Afrikaansstudente; emoji's; emotikone; interaksie; leer-platform; rekenaarbemiddelde kommunikasie (RBK); sosiale teen-woordigheid; Sosiale Teenwoordigheid Teorie; teksgebaseerde kommunikasie; WhatsApp.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License