SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número4The source text for the 2020 Afrikaans translation of the New TestamentTranslation difficulties posed by the Deuterocanonical Books: Jesus Ben Sira as a case study índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

WOLHUTER, Charl C  e  VAN DER WALT, JL (Hannes). Strominge en teenstrominge in die vraag na die onderwystaalmedium: 'n Internasionale en 'n Suid-Afrikaanse perspektief. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.4, pp.715-742. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n4a7.

Die doel van hierdie artikel is om 'n oorsig en ontleding te bied van die internasionale diskoers oor, en die ervaring rakende die onderwystaalmedium, en dan dié oorsig en ontleding te gebruik ter beligting van die Suid-Afrikaanse vraagstuk ten opsigte van onderwystaalmedium. Gedurende die eerste twee millennia van die bestaan van "die" skool as onderrig-leerinstansie, was die oorheersende taal van die politieke magsgebied waarin 'n betrokke skool geleë was vanselfsprekend ook die onderrig- en leertaal van die skool. Die kerkhervorming en veral die ontstaan van nasionale state in Wes-Europa in die negentiende eeu het 'n wending hierin meegebring deurdat hierdie gebeure die beginsel van die moedertaal as voertaal / onderrig-medium in die onderwys bevorder het. In die Globale Suide, ná die staatkundige mondigwording van voormalige kolonies en die gepaardgaande bemagtiging van die betrokke moeder- en nasionale tale, is die inheemse tale egter selde as onderrig- en leertale erken en ontwikkel. Engels het boonop, as internasionale lingua franca, die afgelope halfeeu regoor die aardbol as onderrig- en leertaal in die onderwys vastrapplek begin kry. In weerwil van hierdie verwikkelinge bestaan daar 'n massa bewyse en argumente ten gunste van moedertaal-mediumonderwys. Die eerste deel van die artikel gee 'n oorsig van hierdie bewysmateriaal en argumente. In die tweede deel word hierdie materiaal benut om die onderwystaalmediumvraagstuk in die Suid-Afrikaanse onderwys te belig. Die historiese verloop van sake in Suid-Afrika het uitgeloop op die oorheersing van Engels as voertaal in die onderwys. Hierdie toedrag van sake het gelei tot stremming in die ontwikkeling en bemagtiging van die verskillende inheemse tale as onderwysvoertale. Afrikaans, indien 'n mens dit sou beskou as een van die inheemse tale ('n taal wat op Afrikabodem ontstaan en ontwikkel het), het benewens die globale en historiese-nasionale kragte ten gunste van Engels wat in die eerste deel van die artikel beskryf is, ook te doen met histories-politieke druk (as die "onderdrukkerstaal"). In die eerste deel van die artikel het dit geblyk dat daar sterk argumente, gesteun deur empiriese bewyse, bestaan ten gunste van die bemagtiging van moedertale as voertale in onderwys, en dus téén die huidige oorheersende posisie van Engels as onderwystaalmedium. Nie net geld dieselfde argumente vir die situasie in Suid-Afrika nie maar daar is ook 'n aantal faktore wat die wenslikheid van moedertaalmediumonderwys hier te lande des te meer noodsaaklik maak. Enkele aanbevelings word in hierdie verband aangebied.

Palavras-chave : Engels; Gelyke Onderwysgeleenthede; Koloniale onderwys; Mense-regte; Menslike Kapitaal; moedertaal; Onderwys; Sub-Sahara Afrika; Suid-Afrika; Taal; Vergelykende en Internasionale Opvoedkunde; werkloosheid.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons