Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
BOSHOFF, Hercules. Oor die grense van taal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.4, pp.706-714. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n4a6.
'n Taal moet aanhou groei en vertak en daarom het dit 'n sterk stam en diep wortels nodig. 'n Taal se moontlikhede word deur 'n aantal interne werkinge sowel as eksterne invloede bepaal. Twee spanningsvelde van taal, naamlik die grammatika tekne, oftewel die grammatikale as sodanig, en wat Dante die vulgare eloquentia noem, die eiesoortige van elke afsonderlike taal, sal beskryf en dan met mekaar in gesprek gebring word. Leidrade vir 'n gesonde verhouding tussen hierdie twee aspekte sal by antieke sowel as moderne denkers gesoek word. 'n Gesonde verhouding tussen hierdie aspekte sal voorts enersyds 'n veredeling van die eie, en andersyds 'n geabstraheerde begrip van menslike uitdrukkingsvermoë kan teenwerk. Die eie taal moet derhalwe in verhouding tot die geskiedenis as erfgenaam maar ook as unieke gespreksgenoot gelees word, met erkenning van leengoed en gedeelde gevoel, maar steeds vol selfvertroue in sy eie seggenskrag.
Palavras-chave : geankerdheid; vertakking; grammatika tekne; inheemsheid; dialek; taalstudie; taal-imperialisme; politiek; plaaslike dialek; vertaling; oor-brugging; besieling; eiesoortigheid.