SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número3Analysing the contributory role of the accounting profession to save our planetEnvironmental identity in the Age of Man: New perspectives on Toorbos. Part 1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

ROSSOUW, Jannie. Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl: 80 jaar van kontroversie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.3, pp.588-605. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n3a8.

Hierdie artikel ontleed kontroversies oor die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl oor 'n tydperk van 80 jaar sedert die eerste oproep om die oprigting van 'n Afrikaanse taalmonument op 14 Augustus 1942 gedoen is. Die ontleding toon aan dat die Afrikaanse Taalmonument in die aanloop tot die oprigting, gedurende die konstruksie, omstreeks die opening en daarna omstrede gebly het. Die huidige twispunt gaan oor die naam van die Afrikaanse Taalmonument en die beplande samesmelting van monumente en museums tot vlagskipstrukture. Hoewel die Monument 'n bekende baken is, is dit nie in dieselfde mate bekend dat daar ook 'n Afrikaanse Taalmuseum is wat saam met die Monument funksioneer nie. Die twee instellings maak saam die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) uit. Die Monument word wyd bespreek, terwyl die Museum grotendeels uit die openbare oog bly. Die Monument in die Paarl is nie die enigste Afrikaanse taalmonument nie, maar wel die bekendste en opvallendste. Om hierdie rede bly die Monument in die openbare oog. In die aanloop tot die oprigting van die Monument was die plasing, funksie en simboliek daarvan omstrede. Besluite oor die openingsgeleentheid van die Monument in 1975 het tot heelwat politieke spanning gelei en het sekere mense van die Monument vervreem. Ongelukkig duur die politieke diskoers oor die Monument voort. Die voortbestaan van die Monument het opnuut in die gedrang gekom nadat die Minister van Sport, Kuns en Kultuur die naam daarvan, naamlik die Afrikaanse Taalmonument, in Maart 2022 bevraagteken het. Intussen het die Minister ontken dat hy ooit die saak geopper het. Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur beplan egter die samesmelting van sekere Suid-Afrikaanse monumente en museums onder departementele beheer tot "vlagskipstrukture". In só 'n struktuur bestaan die gevaar dat die Afrikaanse Taalmuseum en -monument hul identiteite sal verloor. Voorts kan die samesmelting ook die Minister opnuut 'n geleentheid vir naamsverandering bied. Een alternatief is om die beheer oor die ATM van die sentrale regering te vervreem. Die regering sal egter hiertoe moet instem. Só 'n stap sal egter ernstige finansiêle implikasies hê, want dit sal waarskynlik die einde van die sentrale regering se finansiêle steun aan die ATM beteken.

Palavras-chave : Afrikaans; Afrikaanse Taalmuseum en -monument; kritiek op die Afrikaanse Taalmonument; Paarl; politieke druk; naamsverandering; samesmelting; Suid-Afrikaanse erfenis; taalmonumente; Taalmuseum; vlagskipinstellings.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons