SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número3Poverty and human dignity: The magisterium of the Catholic Church on the interaction between the twoAnalysing the contributory role of the accounting profession to save our planet índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

LOTTER, Casper. China se lang, onvoltooide twintigste eeu en die moontlike gevolge wat dit vir Afrika inhou. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.3, pp.543-567. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n3a6.

In hierdie bydrae word ondersoek ingestel na die ongeewenaarde ekonomiese vooruitgang en gepaardgaande grootmoondheidambisies van China. In die besonder word gevra wat die moontlike gevolge van hierdie epogverskuiwende ontwikkeling vir die vasteland van Afrika sou wees. China se strewe na grootmoondheidstatus in die 21ste eeu word gewoonlik aan die hand van of realisme of idealisme verduidelik, maar ek wil graag daarna kyk vanuit 'n geskiedkundige invalshoek, wat blyk 'n unieke oogpunt te wees. Ek ondersoek die invloed wat die houvas van 'n geskiedkundige gesindheid op die Chinese psige het in hul naarstige soektog na grootmoondheidstatus. Die sogenaamde "Chinese Droom" offuqiang ("welvaart en mag") word gerugsteun deur die retoriek van die "honderd jaar van vernedering" (18421949). Daar is egter ook ander faktore wat 'n bydrae lewer tot die vermoede dat beweegredes eie aan die twintigste eeu die aansporing mag wees tot die ongekende industriele, militere en ekonomiese groei in China. My gekose metodologie is die poststrukturalisme, wat my in staat stel om met vrug benaderings in ag te neem wat selfs teenstrydig met mekaar is. Ek kom tot die gevolgtrekking dat China se rol in Afrika se welvaart van die 21ste eeu genuanseerd is. Nie net is daar talle rolspelers (soos Rusland en die Verenigde State) wat 'n belang by Afrika het nie, maar Afrika is vanuit 'n Chinese oogpunt maar van geringe belang. Die Chinese invloed op Afrika blyk grotendeels voordelig vir die vasteland te wees, maar daar moet ook gelet word op die beperkings wat China se geneigdheid tot outokrasie het op die land se ontwikkelingsvooruitsigte.

Palavras-chave : China; grootmoondheidambisies; geskiedkundige gesindheid; Chinese psige; Chinese Droom"; fuqiang (welvaart en mag); poststrukturalisme; Afrika; implikasies; positiewe aard; geringe Chinese belang; outo-kratiese inperkinge.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons