SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número3The constitutional requirements and processes to remove a president of the USAfrom office: The case of president Donald Trump in a politically charged atmosphereDiamond jubilee of decimalisation: 60 years of South African rand and cent índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

FOURIE, Janine  e  DREYER, LM. Die gebruik van belonings om grondslagfaseleer-ders in spesiale skole se akademiese selfdoeltreffendheid en motivering te verhoog. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.3, pp.527-542. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n3a5.

Eienskappe soos volharding, kreatiwiteit en aanpasbaarheid is 'n mens se hele lewe lank van kardinale belang. Navorsing het getoon dat hierdie eienskappe aangeleer kan word deur 'n kombinasie van intrinsieke motivering en 'n hoe selfdoeltreffendheidsiening. Daar word dikwels gebruik gemaak van belonings om leerders in skole te motiveer om te presteer, maar akademici het teenstrydige menings oor die rol wat belonings speel in leerders se intrinsieke motivering en selfdoeltreffendheidsienings. Navorsing toon dat leerders in spesiale skole dikwels weens vorige ervarings van herhaalde mislukking en terugslae lae sienings van hul eie vermoens het. 'n Studie oor die rol van belonings in die selfdoeltref-fendheidsienings van grondslagfaseleerders in spesiale skole was dus nodig, sodat onderwysers in spesiale skole belonings op so 'n manier kan aanwend dat dit leerders se selfdoeltreffendheid op 'n positiewe manier beinvloed. As vertrekpunt vir hierdie studie is Deci en Ryan (1985) se selfbeskikkingsteorie gebruik. In die milieu van 'n spesiale skool is vyf grondslagfaseleerders doelgerig gekies om aan die navorsing deel te neem, en die bevindings was soos volg: Leerders ervaar en waardeer akademiese belonings op 'n individuele vlak en daarom moet onderwysers belonings doelgerig selekteer en toeken. Ook moet die onderwyser deur die gebruik van belonings op die leerproses fokus om leerders se selfdoeltreffendheidsiening te verhoog.

Palavras-chave : belonings; grondslagfaseleerders; ingesteldheid; kollektiewe geval-lestudie; leerproses; leeruitkomste; motivering; selfbeskikkingsteorie; selfdoeltreffendheid; spesiale skool; verbale prysing/terugvoering.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons