SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue3Constitutional propriety in the 21st centuryThe constitutional requirements and processes to remove a president of the USAfrom office: The case of president Donald Trump in a politically charged atmosphere author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

JONES, Chris. Die gebrek aan behoorlike sanitasie en toegang tot water in Suid-Afrikaanse skole: Hoe 'n etiek van verantwoordelikheid kan help. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.3, pp.476-497. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n3a3.

Hierdie artikel fokus op die fundamentele mensereg van toegang tot voldoende water en, daaruit voortvloeiende, sanitasie, en kyk meer spesifiek na hoe die stand van sake in hierdie opsig in Suid-Afrikaanse skole lyk. Dit fokus op die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se verslag oor die sanitasie-infrastruktuur en waterverskaffing in skole in al nege Suid-Afrikaanse provinsies. Dit wys ook daarop dat dringende aandag daaraan nodig is, omdat 366 skole tans steeds sonder watertoevoer is, en 'n verdere 3 297 skole steeds van puttoilette gebruik maak. Hierna word daar stil gestaan by die Suid-Afrikaanse filosoof Anton van Niekerk se etiek van verantwoordelikheid, wat dan kortliks geintegreer word met die Suid-Afrikaanse teoloog Etienne de Villiers se benadering tot 'n etiek van verantwoordelikheid. Daar word gekyk wat die waarde daarvan kan wees vir die oplos van die probleme rakende sanitasie en watervoorsiening in skole. Laastens volg enkele slotgedagtes oor sekere kenmerke van 'n (toegepaste) etiek van verantwoordelikheid. Alhoewel laasgenoemde voor die hand liggend en effens kunsmatig mag voorkom wat hierdie problematiek in skole betref, kan die verantwoordelikheid wat op die staat in hierdie opsig rus, nie genoeg beklemtoon en teoreties begrond word nie.

Keywords : Anton van Niekerk; etiek van verantwoordelikheid; Etienne de Villiers; feilbaarheid; sanitasie; skole; Suid-Afrikaanse Mense-regtekommissie; toekoms(tigheid); water.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License