SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número3General CF Beyers: His world view as reflected in his public statementsSubstantive policy implementation and the erosion of voter trust as factors in the consolidation of the South African democracy índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

DE BEER, Jesse; KEYSER, Nico  e  VAN DER MERWE, Ivan. Opbrengste, politieke ontwikkelings en ekono-miese kragte: 'n Historiese perspektief op die Johannesburgse aandelebeurs (JSE), 2000-2010. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.3, pp.453-475. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n3a2.

Om tot ekonomiese groei en ontwikkeling by te dra, moet 'n aandelemark, as 'n toonaange-wende ekonomiese aanwyser, die makroekonomiese grondbeginsels van 'n land weerspieel. Die weerspieeling van politieke en ekonomiese ontwikkelings in opbrengste van genoteerde maatskappye dui op die risikoprofiel van maatskappye en die aandelebeurs. Die doel van hierdie artikel is om 'n historiese perspektief te verskaf oor die wyse waarop politieke en ekonomiese ontwikkelings gedurende die tydperk 2000-2010 in die opbrengste van die Johannesburgse aandelebeurs (die JSE Bpk.) weerspieël word. Die geskiedenis van die JSE gedurende hierdie tydperk kan in drie fases verdeel word: die fase voor die globale finansiële krisis (GFK), die GFK-fase, en die post-GFK-fase. In die studie is tot die gevolgtrekking gekom dat die JSE makroëkonomiese toestande, politieke veranderinge en wêreldgebeure gedurende die tydperk 2000-2010 weerspieël het. Die JSE het positief gereageer op hoër kommoditeitspryse en op 'n verbetering in ekonomiese en politieke vooruitsigte, maar het ook sy toenemende kwesbaarheid getoon vir aansteeklike internasionale gebeure en finansiële krisisse, soos die GFK en toe die dotcom-borrel gebars het.

Palavras-chave : Johannesburgse aandelebeurs (JSE Bpk.); opbrengste; politieke gebeure; ekonomiese gebeure; globale finansiele krisis.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons