SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue3Constitutional propriety in the 21st century author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

HEYNS, Michael. Blote vertroue en die voorwaardes daarvoor. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.3, pp.437-452. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n3a1.

Hoe belangrik is vertroue vir menswees? Sedert die Verligting is dit mode in sekere kringe om menswees tot rasionaliteit te reduseer. Rasionalisme word daarvan verdink dat dit vertroue óf ombou om rasionaliteit te reflekteer, óf dat dit 'n mindere plek in menslike bestaan aan vertroue toeken. Daar is egter tekens in ons tyd van 'n toenemende besef dat rasionaliteit grense het en dat menswees veel meer prominente kruissnydende aspekte en faktore veronderstel as wat 'n rasionalisme sal wil toegee. Te midde van hierdie meer akkommoderende konteks vir vertroue is die fokus van hierdie artikel die stel van 'n standpunt dat vertroue as menslike aspek van ander aspekte onderskei moet word, dat vertroue verdien om met prominensie in die moderne kultuur behandel te word en dat die interaksie tussen vertroue en ander aspekte 'n belangrike plek in menslike bestaan inneem.

Keywords : Vertroue; Verligting; rasionalisme; rasionaliteit; weerloosheid; antesedente van vertroue; kognitiewe en niekognitiewe teoriee van vertroue; vertroue as abstraksie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License