SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número2Creolisation and healing in van Wyk Louw's Nuwe verse (New poems) and Tristia"The pot boils all over": NP van Wyk Louw, Johannes Degenaar and Afrikaans decolonisation índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

BUYS, Lize-Mari  y  WESSELS, Cornelia. Eksterne faktore wat die seksueel misbruikte kind verhoed om doeltreffend in Suid-Afrikaanse howe te getuig: 'n Vlugtige oorsig. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.2, pp.311-329. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n2a4.

Seksuele misbruik van kinders is 'n epidemie wat die hele samelewing nadelig beïnvloed. Die skuldigbevindingskoers van seksuele oortreders is uitsonderlik laag in Suid-Afrika. Daar is verskeie faktore in die hofproses wat kinders verhoed om doeltreffend in die hof te getuig. Die doel van die ondersoek is om binne die Suid-Afrikaanse regstelsel die hofprosedures waarby kinders betrokke is te ondersoek en die faktore te identifiseer wat kinders beïnvloed as hulle getuienis lewer. Die faktore is deur middel van 'n vlugtige oorsig nagevors. Daar is spesifiek gefokus op eksterne faktore wat verband hou met hofverrigtinge. Daar is gebruik gemaak van verskeie databasisse, naamlik SA Publications, Sabinet, EBSCOhost, LexisNexis en Juta. Die PRISMA-riglyne is gebruik vir kwaliteitversekering van die artikels. Die titel, sowel as die opsomming van die artikels is gelees om te bepaal hoe toepaslik die data is. Daar was twee navorsers betrokke by die studie: die eerste navorser het die studie geloods en die tweede navorser het kwaliteit verseker. Vanuit die finale agt artikels is daar faktore geïdentifiseer en tematies geanaliseer om die eksterne faktore te bepaal. Daar word afgesluit met 'n lys van faktore wat in die Suid-Afrikaanse howe 'n invloed op kinders se deelname aan die hofproses het. Alhoewel die bevindings en aanbevelings in die vorm van 'n artikel geformuleer is, word meer empiriese navorsing benodig om die faktore meer diepgaande te ondersoek.

Palabras clave : effektiewe getuienis; eksterne faktore; forensiese maatskaplike werk; howe; hofverrigtinge; hofvoorbereiding; kindergetuies; kruisonder-vraging; seksuele misbruik; Suid-Afrika; vlugtige oorsig.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons