SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número2NP van Wyk Louw (1906-1970)Loyal resistance: Dated or topical? NP van Wyk Louw in conversation with Foucault índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

DE VILLIERS, Vickey; BLAAUW, Derick  e  FOURIE, Alicia. "Dit was erg, baie, baie erg." Die effek van COVID-19 op informele straathandelaars in die middestad van Kaapstad. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.2, pp.291-310. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n2a3.

Die impak van die COVID-19-pandemie op informele ekonomiese aktiwiteite soos straathandel kan selfs relatief groter en meer skrikwekkend as die gevolge vir die formele ekonomie wees. 'n Kwalitatiewe navorsingsbenadering in die vorm van 'n beskrywende gevallestudie is gebruik om 'n diepgaande ondersoek na die effek van COVID-19 op die lewensomstandighede van straathandelaars in die middestad van Kaapstad te onderneem. Die spesifieke gebied waar die studie gedoen is, is gekies om naby vervoerinfrastruktuur soos byvoorbeeld treinstasies, bushaltes en openbare vervoerroetes te wees. Volgens vorige studies is dit die soort omgewing waar die meeste straathandelaars te vinde is. Diepgaande onderhoude, deur middel van 'n semigestruktureerde onderhoudsgids, is met 21 respondente (wat 19 verskillende straathandelaars verteenwoordig) gevoer waarna dataversadiging bereik is. 'n Tematiese ontleding van die data het getoon dat al die respondente se ondernemings in 2020 tussen een en vyf maande weens die grendelstaat en gepaardgaande regulasies gesluit was. Voorraadverliese, gebrek aan inkomste, uitwissing van hul spaargeld, afdanking van werknemers en wesentlike voedselnood was deurlopende temas. Dit was ook nie vir die buitelandse respondente moontlik om beduidende oorbetalings aan familie in hul lande van herkoms te maak nie. Dalende toerismegetalle en plaaslike kliënte wat hul werk verloor het, is 'n voortdurende bedreiging vir die lewensbestaan van die informele straathandelaars. Straathandelaars gebruik verskeie strategieë, soos goeie kliëntediens, pogings om die beste moontlike ligging te bekom, die verkryging van vars voorraad, en die gebruik van sosiale media en elektroniese betaalinstrumente, in 'n poging om die gevolge van die COVID-19-pandemie die hoof te bied. Volgehoue staatsondersteuning en opvolgstudies met dieselfde groep respondente om die impak oor die medium en langer termyn te ondersoek, is dringend noodsaaklik.

Palavras-chave : informele ekonomie; straathandelaars; COVID-19; immigrante; Suid-Afrika; werkloosheid; strukturele kwesbaarheid.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons