SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número1An exploration of earth system vulnerability in the context of landfills in the AnthropoceneCreation of infrastructure during the Prime Ministry of BJ Vorster: Asset or liability for the South African economy? índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

GILIOMEE, Jan. Die ontstaan, opbou en aftakeling van die Sasol Kunsmuseum van die Universiteit Stellenbosch. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.1, pp.220-226. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n1a13.

Die Sasol Kunsmuseum het in 1991 tot stand gekom om die kunsversameling van die Universiteit van Stellenbosch (US) te huisves en akademies te bevorder. Die werke reeds in besit van die US is aangevul met groot skenkings soos dié van Solomon Caesar Malan, J du P Scholtz en Maggie Laubser. Groot oorsigversamelings van oeuvres soos deur Christo Coetzee (150-stuks), Nel Erasmus (112), Johannes Meintjes (91), en Larry Scully (10) is bekom. Skenkings en erflatings is selfs ook van buitelandse versamelaars ontvang, soos van die Duitser. Peter Freund (uiteindelik ongeveer 100 drukgrafiese werke van belangrike Europese en ander kunstenaars van die vroeë twintigste eeu), en van 'n Nederlandse besoeker die nodige fondse vir die aankoop van 'n kopbeeld in brons deur Rodin. Met die aanstelling van 'n nuwe Direkteur in 2013 het drastiese veranderings mettertyd begin plaasvind. Die name en beroepswerksaamhede van die instansies (Sasol Kunsmuseum en US Kunsgalery) as die belangrikste onderafdelings van die US Museum het letterlik verdwyn. Só ook die oorgrote meerderheid van bogenoemde kunswerke wat blykbaar meestal weggepak bly. Die fokus het verskuif van kunswaardering, -bevordering en -navorsing na 'n polities gemotiveerde transformasie, soos ook blyk uit die US Museum se aanstelling van 'n kurator vir sogenaamde Navorsing, Dialoog en Sosiale Geregtigheid. Hierdie instelling behoort sy akademiese roeping ten opsigte van die uitstalling, uitbreiding, bewaring en ontsluiting van sy belangrike en eersterangse estetiese bronnemateriaal vir die hedendaagse kunsgeskiedskrywing in Suid-Afrika sonder twyfel te bly navolg.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons