SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número1"Who is speaking here?" The role of the adapter in adapting a novel into a youth theatre production that includes cultural and geographical translocationsTranslation and adaptation as interpretation and strategy: My Seuns by Christo Davids against the background of All My Sons by Arthur Miller índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

ZAAIMAN, Johan. Hegemonie en mag: 'n Normatiewe besinning in die lig van 'n gevallestudie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.1, pp.169-183. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n1a9.

Die artikel benut 'n gevallestudie met die oog daarop om te illustreer dat die gebruikmaking van die konseptuele verband tussen hegemonie en mag nuttig sal wees met betrekking tot normatiewe gevolgtrekkings rondom die werking van die demokrasie. Die bestudering van die verhouding tussen twee oorvleuelende konsepte, naamlik hegemonie en mag, is gebrekkig. Die artikel spreek hierdie leemte aan deur 'n bydrae te bied wat fokus op die verband tussen dié twee konsepte. Met verwysing na die Simdlangentsha tradisionele owerheid word aangedui dat hegemonie en mag georden kan word met betrekking tot sistemiese, reaktiewe en struk-turerende magsuitoefeninge. Hierdie teoretisering word in 'n toepassingsraamwerk saamgevat. In die slotgedeelte word normatief nagedink oor die gevallestudie en die plek daarvan in 'n demokratiese opset. Die artikel bevestig dat daar ruimte is vir tradisionele opsette in demokrasie met die voorbehoud dat dit nie voorkeur kan geniet nie.

Palavras-chave : hegemonie; mag; demokrasie; tradisionele gesag; plaaslik; negatiewe hegemonie; positiewe hegemonie; waarheid; stryd; Simdlangentshagebied.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons