SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número1"Realness" in images: The adaptation of verbatim text to stage images with specific reference to tot stof | tot stilte - 'n paniekreaksie (2018)The triumph of the silver screen: Christiaan Olwagen's film adaptation of The Seagull índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

EKSTEEN, Riaan. Uitdagings en geleenthede in die bedryf van diplo-masie - Voor, tydens en ná Covid-19. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.1, pp.112-135. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n1a6.

Die wêreld beleef onstuimige tye en nie eens diplomasie kon veranderinge ontsnap toe Covid-19 die wêreld in Januarie 2020 getref het nie. Hedendaagse diplomasie verander teen 'n ongekende tempo en word gekenmerk deur nuwe rolspelers, nuwe vraagstukke en verantwoordelikhede en ook om diplomasie op digitale wyse te bedryf. Ou benaderings wat vir dekades, selfs eeue gegeld het, het drasties verander. Diplomasie kon nie verwag om steeds op sy eie voort te gaan asof niks gebeur het nie. Benadering tot en toepassing en bedryf van diplomasie is in die afgelope twee jaar tot in sy wese geraak. Die velerlei onderwerpe waaraan diplomate hul aandag moet skenk, neem steeds toe in omvang en intensiteit. Gevolglik kan alles nie in die bestek van 'n enkele artikel beskryf en uiteengesit word nie. Daarom is parameters gestel waarbinne bepaalde onderwerpe sinvol aangespreek word. Bykomend hiertoe word gepoog om die wesentlike probleme wat diplomate oor 'n wye veld in die gesig staar aan te spreek in die lig van die buitengewone omstandighede wat hulle moet hanteer. Die vraag is nou hoe diplomate vir hierdie nuwe wêreld in hul beroep voorberei en geskool word. Deesdae word van hulle verwag om internasionale adviseurs te wees en om nou meer as ooit tevore betrokke en instrumenteel in besluitnemingsprosesse van vrede en nasionale veiligheid te wees. Hierdie interdissiplinêre rol is 'n uitdagende een wat baie dinamika vereis. Met Covid-19 is die belangrikheid van multilaterale diplomasie herbevestig. Die digitale rewolusie stel nie net 'n magdom meer inligting beskikbaar nie, maar vereis spoedeisende besluitneming. Kennisbestuur is die doeltreffende hantering van inligting en hulpbronne binne 'n bepaalde organisasie. Kennisdiplomasie en die toepassing van 'n kennisbestuurstelsel is belangrik omdat dit die doeltreffendheid van 'n instelling se besluitnemingsvermoë verhoog. State is nie meer die enigste internasionale rolspelers in die steeds groeiende diplomatieke toneel nie. Die aantal rolspelers wat by buitelandse aangeleenthede betrokke is en diplomasie op een of ander wyse bedryf, het die afgelope dekades geweldig toegeneem. Hoe langer die pandemie aanhou, hoe meer verander die wêreld. Gepaardgaande met die snelontwikkelende metodes om data te verwerk en te versprei, het die kwessie van kuberveiligheid eksponensieel toegeneem. So is wetenskapdiplomasie, insluitende ruimtediplomasie, ook belangrik om van kennis te neem. Die uitdaging waarvoor diplomate te staan kom, is om hierdie veranderinge oordeelkundig en met nuwe vaardighede te bestuur.

Palavras-chave : binnelandse beleid; buitelandse aangeleenthede; Covid-19; digitale diplomasie; digitale tegnologie; geopolitieke verhoudings; kennisbe-stuur; kennisdiplomasie; korporatiewe diplomasie; multilaterale diplo-masie; wetenskapdiplomasie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons