SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número1What about places, roles and offices? Because the law is about more than individual rightsDe Zuid-Afrikaan and the contradictions of 19th century Cape liberalism índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

SCHOLTZ, Leopold. Die probleem van historiese skuld in Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.1, pp.72-91. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n1a4.

Historiese skuld is ten beste 'n baie problematiese konsep. Dit word duidelik geïllustreer deur die Duitse geskiedenis sedert 1945, toe die Duitsers vir hulself rekenskap moes gee van hul optrede in die jare 1933-1945.1 Wié het wát aan wié gedoen? Wie besluit oor die vraag van skuld of onskuld van wie? En wie of wat gee hulle die reg om dit te doen? Welke morele of regsbeginsels word in die proses gebruik? Ook: Hoe ver moet in die tyd teruggegaan word? Na Columbus se aankoms in die Nuwe Wêreld in 1492? Na Jan van Riebeeck se koms na die Kaap in 1652? Na die "Scramble for Africa" in die negentiende eeu? Die verwoesting van die Boererepublieke en die groot sterfte van die Republikeinse burgerlike bevolking in die konsentrasiekampe in 1899-1902? Die begin van apartheid in 1948? Dit is vrae wat nie so maklik beantwoord kan word nie. Tog, gebeure wat 'n sekere morele grens oorskry - soos die volksmoord op die Jode in die Tweede Wereldoorlog, die Rwandese volksmoord van 1994, of die etniese "suiwering" in die Balkan in dieselfde tyd - het uitgekristalliseer in 'n bepaalde konsensus oor internasionale optrede rakende menseregte in die breedste sin van die woord, en dit is geformaliseer in 'n sekere juridiese benadering oor die saak. Oor die kwessie van historiese skuld in Suid-Afrika is, in elk geval op politieke vlak, reeds besluit. Die paradigma wat die ANC aan die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) voorgehou het - wat, met sekere nuanses, basies deur die WVK aanvaar is - was dat daar twee kante in die bevrydingstryd was. Oorvereenvoudig, was dit die "siegte ouens" (die apartheidsregering) teen die "goeie ouens" (die bevrydingsbewegings, veral die ANC/SAKP).

Palavras-chave : Apartheid; kommunisme; ANC/SAKP; Nazisme; Karl Jaspers; Alfred Nzo; Oliver Tambo; Nelson Mandela; pres; FW de Klerk; Afrikanernasionalisme; Lenin; Gandhi; Albert Luthuli; Kabwe; MK; Chris Hani; WVK; Joe Slovo.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons