SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue1King Kong adapatations (1959-2017): Transversing culture and society author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

JONES, Chris. 'n Filosofiese gesprek oor die dood en die sin van die lewe. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.1, pp.15-39. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n1a2.

Hierdie artikel doen verslag oor 'n filosofiese gesprek oor die dood en die sin van die lewe. Dit fokus in Deel 1 op 'n gesprek wat die outeur van hierdie artikel met Anton van Niekerk gevoer het nadat laasgenoemde se boek Die dood en die sin van die lewe in 2017 verskyn het. Omdat Van Niekerk diep spore in die filosofie getrap het, nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd, en omdat daardie boek waarskynlik die belangrikste is wat nog in Afrikaans oor die onderwerp verskyn het, word die tema van die dood en die sin van die lewe in hierdie artikel verder ontgin. Ná die aanvanklike uitgebreide gesprek met Van Niekerk oor sy boek, word daar in Deel 2 stilgestaan by Vincent Brümmer se godsdiensfilosofiese gedagtes oor Van Niekerk se boek. Brümmer, 'n befaamde godsdiensfilosoof, vroeër verbonde aan die Universiteit Utrecht, het sy aantekeninge kort voor sy dood aan Van Niekerk gestuur. Dit word breedvoerig aan die orde gestel, waarna Van Niekerk toeligtende repliek lewer.

Keywords : dood; sin van die lewe; liggaamlikheid; filosofiese gesprek; Anton van Niekerk; Vincent Brümmer; misterie; tragedie.

        · abstract in English     · text in Dutch     · Dutch ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License