SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número4-2The Covid-19 pandemic: An opportunity for reflection on the place of humanity in relation to nature?Environmental identity in the Age of Man: New perspectives on Toorbos. Part 2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

CLOETE, Fanie. Beleidsdiskriminasie, verandering en entrepreneurskap: Beperkte politieke regte vir "Kleurlinge" in Suid-Afrika tot 1979. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.4-2, pp.1260-1286. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n4-2a3.

Hierdie artikel kontekstualiseer, verduidelik en beoordeel die ontwikkeling van politieke regte vir "Kleurlinge" in Suid-Afrika, tot 1979. Dit word gedoen vanuit die teoretiese perspektief van beleidsentrepreneurs wat verskillende persoonlike, professionele en ander sosiale netwerke tot hulle beskikking gebruik om direkte beleidsbeïnvloeding te doen. Die artikel skets eers kortliks die teoretiese uitgangspunte en kenmerke van beleidsentrepreneurskap en netwerkbeïnvloeding en som dan die ontwikkeling van politieke regte vir die "Kleurlingge-meenskap" in die land op, tot PW Botha die leierskap van die Nasionale Party oorgeneem het. Die artikel kontekstualiseer en fokus veral op die aanloop tot en die afloop van die Erika Theron-kommissie, wat 'n direkte rol gespeel het by die uiteindelike instelling van 'n fundamentele nuwe staatsbestel in die land. Die ondersoek illustreer die toepassing en impak wat doelgerigte individuele beleidsentrepreneurskap en netwerkbeïnvloeding deur strategies geposisioneerde individue, groepe en netwerke op fundamentele samelewingsverandering kan hê. Dit illustreer en staaf verder die belangrike kumulatiewe effek wat beide interne en eksterne politieke druk op beleidsverandering kan hê. Dit het belangrike implikasies vir huidige en toekomstige beleidsaanpassings in Suid-Afrika en in ander demokratiese beleidsveran-deringsprosesse.

Palavras-chave : algemene sake; apartheid; driekamerparlement; eie sake; magsdeling; politieke transformasie; PW Botha-komitee; SABRA; Theron-kommissie; Westminsterstelsel.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons