SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número4-2COVID-19 and day labourers in the South African economy: The impact on their lives and livelihoodsPolicy discrimination, change and entrepreneurship: Political rights for "Coloureds" in South Africa until 1979 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

LOTTER, Casper. Die transformasie van die Suid-Afrikaanse gevangeniswese tot 'n openbare instelling met positiewe vrede as waardestelsel. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.4-2, pp.1235-1259. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n4-2a?.

Tradisionele benaderings in hoofstroomkriminologie formuleer misdaadbekamping as 'n voortdurende of voortslepende konflik waarin geweld as 't ware met geweld beveg moet word. In teenstelling hiermee word nuwer rigtings in kritiese kriminologie in hierdie artikel verken en onderskryf - benaderings wat positiewe vrede beskou as 'n effektiewe en blywende(r) "antwoord", selfs al is dit net ten dele, op die probleem van misdaad. Die ietwat onkonvensio-nele benadering in rigtings wat krities teenoor hoofstroomkriminologie staan, in die besonder die vertakking bekend as "vredemakende kriminologie" (Quinney en Pepinsky se bydrae), word in samehang met belangrike werk in die breër konfliktransformasiebeweging beskou. Op grond daarvan word betoog dat vrede wat op vreedsame wyse bewerkstellig word, groter voordeel inhou as die mislukte pogings tot dusver om geweld met geweld te (probeer) beveg. Dit verg egter 'n paradigmaverskuiwing. In hierdie bydrae word daar spesifiek gevra na die wenslikheid daarvan om die Suid-Afrikaanse gevangeniswese te transformeer van 'n openbare instelling wat negatiewe vrede (in die vorm van die afwesigheid van misdaad) verskans, tot 'n instelling wat positiewe vrede as 'n waardestelsel onderskryf. Hierdie waardevolle gedagte staan sentraal by Galtung. Daar word veral aan die hand gedoen dat die bekendstelling van oop gevangenisse (soos in Zimbabwe, Mosambiek en die Seychelle) en ander modelle wat in Suid-Afrika ondersoek word, 'n goeie tussentydse maatreël is. Wat sentraal staan in my redenasie rakende die trans-formasie van die gevangeniswese in Suid-Afrika, is dat so 'n voorstel slegs haalbaar is indien daar aan (vrygelate) gevangenes se basiese menslike behoeftes (Burton se belangrike bydrae) - werkverskaffing, respek, ens. - voldoen word. Teen die agtergrond van Pat Carlen se waarskuwing dat die rehabilitasieparadigma ontoereikend geword het weens politieke onwilligheid om grondliggende veranderinge aan te bring, word enkele besware oor die gevaar van 'n sogenaamde oorkoepelende "carceral spread" (aldus Foucault), gemik teen alternatiewe vir gevangenisstraf, oorweeg. Hierdie bespreking vind plaas in die konteks van die breër gevangenistransformasiediskoers hier te lande. Hoewel ek skepties staan teenoor die moont-likheid dat akademiese diskoers, soos hierdie bydrae, beleidsoorwegings wesenlik kan beïnvloed, doen ek nietemin aanbevelings in die hoop dat hierdie verkennende studie belangstelling in 'n vreedsame alternatief vir misdaadbekamping sal prikkel.

Palabras clave : vredemakende kriminologie; konfliktransformasiebeweging; vrede deur vreedsame wyses; hervestiging van vrygelate gevangenes; positiewe vrede as waardestelsel; transformasie van die gevangeniswese; fel stigmatiserende beskamingskulture; integrerende beskamingskulture; basiese menslike behoeftes; paradigmaverskuiwing.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons