SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número4-1The third Afrikaans church Bible: Processes and practices of a direct translationLanguage change in the Afrikaans translations of the Gospel of Mark índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

OHLHOFF, Heinrich. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.4-1, pp.1177-1193. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n4-1a11.

Hierdie artikel handel oor drie gedigtekste: "Eens Meienmorgens vroe" van die 13de-eeuse Nederlandse minstreel, hertog Jan I van Brabant, en tekste van twee twintigste-eeuse digters - TT Cloete (Afrikaans) en Cees Nooteboom (Nederlands) - wat albei die refrein uit Jan I se teks ("Harba lori fa") as titel het. Daar word ingegaan op verskillende interpretasies van die refrein en op enkele sieninge oor intertekstualiteit, onder meer absolute en beperkte intertekstualiteit. Daarna kom die drie tekste elkeen afsonderlik aan bod - vir sover so iets moontlik is - en word hulle aard en struktuur bespreek. By die Cloete- en die Nooteboom-tekste fokus die skrywer vervolgens op hierdie tekste (eindtekste) se verhouding tot "Eens Meienmorgens vroe" (beginteks) en ook die intertekstuele verband tussen die Cloete- en die Nooteboom-tekste onderling met betrekking tot transformasies soos verskuiwing, herlesing en vervanging. Insigte uit kognitiewe benaderings tot intertekstualiteit word ook, waar ter sake, gebruik, spesifiek die begrip korrelrigheid ("granularity"). Dit het geblyk dat hierdie (beperkte) intertekstuele benadering die besonderhede en eie aard van elke teks duideliker laat word en dat hulle ook aan mekaar volle relief gee.

Palabras clave : Hertog Jan I van Brabant; Eens Meienmorgens vroe; TT Cloete; Cees Nooteboom; Harba lori fa; simbool; intertekstualiteit; verskuiwing; herhaling; vervanging; byvoeging; herlesing; kognitiewe stilistiek; konseptuele metafoor; korrelrigheid/greinerigheid/spesifisiteit1.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons