Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Abstract
GOUWS, Rufus. Op pad na 'n omvattende aanlyn woordeboek -met spesifieke verwysing na die Woordeboek van die Afrikaanse taal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.4-1, pp.1156-1176. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n4-1a10.
Soos verskeie ander tale se omvattende woordeboeke is die Woordeboek van die Afrikaanse Taal as gedrukte woordeboek beplan en saamgestel. Die hele woordeboek is intussen in elektroniese formaat beskikbaar en die laaste dele sal glad nie in gedrukte formaat verskyn nie. Na voltooiing van die werk in 2028 het die Redaksie die geleentheid om die hele woordeboek te herbewerk en ook om dit as 'n volwaardige aanlyn woordeboek beskikbaar te stel. So 'n herbewerking vereis die formulering van 'n nuwe woordeboekkonseptualiseringsplan wat erkenning gee aan werk wat in die leksikografiepraktyk asook in die metaleksikografie gedoen is. Hierdie bydrae wys op 'n aantal aspekte waaraan die Redaksie kan aandag gee in hulle benutting van die moontlikhede van die aanlyn omgewing. Die fokus is op die aard van 'n omvattende woordeboek, die nuwe dataverspreidingstruktuur, 'n nuwe artikeluitleg, 'n veranderde mikrostruktuur wat ook aanpassings in die aard en omvang van die aanduiders insluit, asook 'n besinning oor die tersaaklike leksikografiese funksies.
Keywords : buitekenmerke; data-identifiseerders; dataverspreidingstruktuur; kognitiewe funksie; koteks; leksikografiese funksies; raamstruktuur; semi-geïntegreerde mikrostruktuur; soekdomein; soekgebied; soek-universum; soeksone; soekveld; struktuurmerkers.