SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue4-1What does the Greek say? - Spotlight on translation problems the New Testament posesTranslators cross swords! Translation problems relating to the sword as a weapon in 1 and 2 Maccabees author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

SAAL, Elvis  and  FOURIE, Annamarie. "dit en dat" en "al daai goed": 'n Korpuslinguistiese ondersoek na pragmatiese merkers in gesproke Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.4-1, pp.1112-1128. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n4-1a8.

Pragmatiese merkers is 'n frekwente verskynsel van gesproke taal. Daar is egter nog baie min studies onderneem na pragmatiese merkers in Omgangsafrikaans. Pragmatiese merkers tree op as belangrike kontekstualiseringswenke deurdat dit gespreksgenote rig in terme van die relevansie van die uiting, en die spreker in staat stel om, op bondige wyse, 'n houding teenoor die proposisie van die uiting te openbaar. In hierdie studie word gefokus op 'n bepaalde tipe pragmatiese merker, naamlik vaekategoriemerkers (VKM's). Vaekategoriemerkers in Afrikaans is 'n meerwoordige leksikale eenheid, of woordkluster, wat as pragmatiese merker optree, byvoorbeeld "en goed" en "of iets". Hierdie ondersoek het ten doel om aan die hand van korpuslinguistiese metodes te bepaal watter vaekategoriemerkers in Omgangsafrikaans gebruik word en watter pragmatiese funksies dit verrig.

Keywords : pragmatiese merkers; vaekategoriemerkers; relevansieteorie; pragmatiek; korpuslinguistiek; skermers; vae taal; kwaliteitsbeginsel; kwantiteitsbeginsel; hoflikheidstrategieë.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License