SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue4-1The Old Testament in the 2020 Afrikaans translation: Some contentious issuesWhat does the Greek say? - Spotlight on translation problems the New Testament poses author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

MARITZ, Ansie. Propagandataal: Kwantifiseerders en voor-naamwoorde1. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.4-1, pp.1057-1078. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n4-1a6.

Verskeie studies is al oor die taalgebruik van propaganda gedoen, maar dikwels met behulp van kritiese diskoersanalise, wat die klem op magsverhoudinge plaas en wat dikwels gebruik word om teksspesifieke afleidings te maak. Met die doel om gesistematiseerde afleidings oor die taaleienskappe van propaganda in die breë te maak, word Sistemies Funksionele Linguistiek in hierdie artikel gebruik. Ná die sortering van tekste as propaganda- of niepropagandatekste (as kontrolegroep) met behulp van 'n inhoudelik-gebaseerde sorteringsmodel, is die gebruik van kwantifiseerders en voornaamwoorde in beide teksgroepe geanaliseer. Die studie is 'n kwalitatiewe studie: elke teksgroep bestaan uit agt tekste waarvan ses tekste Engels en twee Afrikaans is. Die tema van die tekste is oudpresident Jacob Zuma se betrokkenheid by die Nkandla- en staatskapingskan-dale in Suid-Afrika. Die gevolgtrekkings sluit die volgende in: niespesifieke kwantifiseerders kan in propa-gandatekste gebruik word om ware inligting te verdoesel en spesifieke kwantifiseerders kan weer gebruik word om wetenskapsdiskoers (wat mediadiskoers moet insluit) na te boots om geloofwaardigheid te verhoog. Voornaamwoorde kan gebruik word om spesifieke eienaar-skapskakels te maak, maar soos dit die propagandis se saak pas. Kataforiese voornaamwoorde (as deel van aanwysende voornaamwoorde) kan weer gebruik word om afstand te skep, wat die propagandis help om defleksie te bewerkstellig. Buiten vir die gewone kohesiefunksie. word die herhaling van sekere voornaamwoorde vir strategiese doeleindes gebruik. Alhoewel daar 'n ooreenkoms in beide teksgroepe bestaan wat die ideasionele metafunksie betref, maak 'n propagandis in 'n groter mate op die interpersoonlike funksie staat om 'n ekstra betekenislaag in die teks te integreer.

Keywords : propaganda; taaleienskappe van propaganda; politieke taalgebruik; Suid-Afrikaanse politiek; Jacob Zuma; Nkandla; staatskaping; Guptas; Sistemies Funksionele Linguistiek; tekstuele analise; diskoersanalise.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License