SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número3An assessment of perceptions concerning digital transformation at a South African commercial bank - a case of Anthropocene denial for the economy?Parenting approaches of hearing mothers and fathers to children with hearing loss índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

SCHULTZ, Cecile et al. Kapasiteitsontwikkeling by geskoolde en hooggeskoolde werklose persone in Pretoria, Gauteng, ten einde hulle indiensneembaarheid en selfwerksaamheid te bevorder. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.3, pp.794-816. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n3a9.

Party nieregeringsorganisasies (NRO's) help werklose mense om in diens geneem te word of om vir hul eie sak te werk. Sulke NRO's bied gewoonlik opleiding en ondersteuning aan werklose mense met die doel om hulle vermoë te ontwikkel op terreine waar hulle dit dalk nodig het. Die doel van hierdie verkennende navorsing was om te bepaal hoe geskoolde en hooggeskoolde werklose persone wat by 'n NRO in Pretoria, Gauteng, betrokke is, hulle eie vermoë sien om hulle indiensneembaarheid en selfwerksaamheid te verbeter. Die kapasiteitsbenadering van Sen en van Kolbe is in hierdie studie as teoretiese raamwerke gebruik, soos ook interpretativisme, fenomenologie en 'n kwalitatiewe navorsingsmetode. Twee semigestruktureerde fokusgroeponderhoude is gebruik om inligting van die deelnemers te bekom. Die bevindinge kan in drie hooftemas saamgevat word, naamlik die kognitiewe, of denke (selfbeeld, nuwe denke en vaardighede); die affektiewe, of emosies (motivering, negatiewe emosies ten opsigte van verhoudings); en strategieë om kapasiteit te bou (erkenning van vorige leer en werkskaduwing). Die konatiewe (strewe, gedrag) as deel van Kolbe se teorie is nie in die narratiewe gevind nie. Op grond van die navorsingsbevindinge en die literatuur is 'n raamwerk saamgestel om die "hoe" (watter strategieë) en die "wat" (watter kapasiteit) van kapasiteitsontwikkeling van geskoolde en hooggeskoolde werklose persone uit te lig.

Palabras clave : kognitief; affektief; konatief; strategieë; kapasiteitsontwikkeling; geskoolde en hooggeskoolde werklose persone; Gauteng; nieregeringsorganisasie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons