SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue3Poverty and human dignity: The magisterium of the Catholic Church on the interaction between the twoAnalysing the contributory role of the accounting profession to save our planet author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BEKKER, Martin. Die siel van protes: Die beweegredes vir, en belang en onderafdelings van protesaksie herbeskou. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.3, pp.737-752. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n3a6.

In 'n wêreld deurdrenk met geweld - beide subjektief en objektief beskou - tref mens protes as 'n teken van gemeenskaplike ontevredenheid aan. Die beweegrede onderliggend aan protesaksie word egter gereeld misken vir wat dit in werklikheid is, naamlik solidariteit met diegene wat onreg ly. Daar was die afgelope twee dekades plaaslik en internasionaal 'n skerp toename in openbare protes, met 'n gepaardgaande toename in teorieë wat oor die oorsake hiervan bespiegel. Ondanks 'n verskeidenheid voorstellings is dit nietemin steeds onduidelik "waaroor ons praat wanneer ons van protes praat", in die mate waarin die grondbeginsels van protes slegs binne beperkte epistemologiese gemeenskappe (en nie in die algemeen nie) oorweeg word. Hierdie artikel besin oor die aard van protes as 'n politieke handeling wat op 'n kontinuum wat wissel van opposisiepolitiek tot burgeroorlog lê. Hierdie kontinuum verskaf 'n gegradeerde beskouing wat uitdrukkings van ontevredenheid orden volgens die erns van die uitkoms. Voorts bied die artikel 'n abstrakte voorstelling van die onderskeie afdelings van protesvorming as sodanig, waaronder griewe, gebare en taktiese maatreëls. Van nader beskou, blyk hieruit dat protes getipeer kan word as 'n openbare uitdrukking van 'n niehegemoniese, etiese verbintenis tot geregtigheid, 'n optrede wat moed en koördinasie verg, en waarvan die uitkoms altyd onvoorspelbaar is; dit wil sê, 'n daad van liefde. Ten slotte word die episode van openbare geweld en plunder in Julie 2021 in Suid-Afrika aan die hand van die voorgestelde raamwerk ondersoek en bespreek.

Keywords : sosiale bewegings; protes en onrus; niehegemoniese openbare groepsgedrag; maatskaplike groepsvorming; direkte politieke handelinge; openbare geweld; psigoanalise.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License