SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número3The constitutional requirements and processes to remove a president of the USAfrom office: The case of president Donald Trump in a politically charged atmosphereDiamond jubilee of decimalisation: 60 years of South African rand and cent índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

DUVENHAGE, André. Politieke transformatisme in Suid-Afrika: Implikasies vir die staat, die ekonomie en die samelewing. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.3, pp.713-736. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n3a5.

Vorme van sosiogeniëring, byvoorbeeld kolonisasie, apartheid en vorme van radikale sosialisme (Ujamaa - sosialisme in Tanzanië, en radikale grondhervorming in Zimbabwe), was meestal 'n mislukking met katastrofiese gevolge vir die onderskeie state, hul ekonomieë en selfs die betrokke samelewingsordes. Dikwels is die omgekeerde bereik van juis dít wat in die vooruitsig gestel is. Die mislukking van apartheid (soms voorgehou as afsonderlike ontwikkeling) is nog vars in die geheue as voorbeeld van bogenoemde. Uitgaande van die idee (of ideologie) van die Nasionaal Demokratiese Rewolusie, het die oorhoofse beleidsraamwerk van politieke transformasie in Suid Afrika beslag gekry - die teenvoeter vir die historiese apartheid- en koloniale praktyke. Die doel van hierdie ideologie is om, met behulp van radikale (transformatiewe verandering), 'n samelewing wat verenigend, nierassig, nieseksisties en ontwikkelingsgerig is te bewerkstellig. Die sentrale fokus is verteenwoordigendheid op alle vlakke van die samelewing met inbegrip van die staat, die ekonomie en die burgerlike samelewing. Hierdie navorsing stel as hipotese dat politieke transformasie, die ideologie wat in Suid-Afrika toegepas word, tot mislukking gedoem is en dat hierdie mislukking nie net reeds waarneembaar is nie, maar verreikende toekomstige implikasies inhou vir die staat, die ekonomie en die groter samelewing. Die doel van hierdie artikel is dus 'n grondige ondersoek na en kritiese ontleding van transformatisme as die heersende politieke ideologie in Suid-Afrika. Hierdie beoordeling geskied teen die agtergrond van die regstaatidee as norm, asook verbandhoudende demokratiese kriteria waarin politieke, ekonomiese en sosiale vryheid as normatiewe grondslag en vertrekpunt geneem word.

Palavras-chave : Politieke transformasie; transformatisme; sosiogeniëring; regstaat; ANC; ideologie; Nasionaal Demokratiese Rewolusie; staatskaping; korrupsie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons