SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número3Constitutional propriety in the 21st centuryThe constitutional requirements and processes to remove a president of the USAfrom office: The case of president Donald Trump in a politically charged atmosphere índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

STRAUSS, PJ. MT Steyn: 'n Moderne Christen-Afrikanerleier?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.3, pp.670-689. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n3a3.

Die waardering vir president MT Steyn onder sy mense het weerklink in beskrywings waarmee hulle hom gekarakteriseer het, soos "Afrikaner van die Afrikaners" en "siel van die Vryheidstryd". Steyn (1896-1902) was die laaste president van die Republiek van die Oranje-Vrystaat, maar die eerste een wat in dié onafhanklike Boererepubliek gebore is. Omstanders kon sy belydenis van God Drie-enig as die Driemaal Heilige God uit sy eie mond hoor. Hy het sy taak, waaronder die Vrystaat se deelname aan die Anglo-Boereoorlog, in die geloof aangepak. Sy reaksie op probleme was gegrond op Christelike lewenswaarhede. Hoewel hy soms in onpersoonlike, onsydige terme na God verwys het, sou dit hom nie verhinder om die Bybel as gids vir die lewe te aanvaar nie. Vanuit sy agtergrond as 'n Vrystaatse boerseun sou Steyn 'n spontane band met die Afrikaner en veral die Vrystaatse Afrikaner ontwikkel. Deur studie en opleiding as 'n Afrikaner uit Afrika in Nederland en Brittanje, asook deur sy vriendskap met bekende Engelse van Bloemfontein en sy werk as 'n Vrystaatse regter, sou Steyn ontwikkel in 'n moderne, belese en berese staatsman. Hierdie Vrystaatse president het gedurende sy ampstydperk (1896-1902) getoon dat hy deeglik op hoogte was van Suid-Afrikaanse en Westerse denkrigtings en dat hy sy eie posisie as Vrystater in hierdie opsig na binne en buite kon verantwoord. Steyn se optrede as president op nasionale sowel as internasionale vlak is deurgaans gerig deur die beginsel van reg en geregtigheid. Hy was uitgesproke Afrikaans, maar met lewensruimte vir ander groepe. Daarby was hy 'n voorstander van die strukturele gelykwaardigheid van state, ongeag hulle mag of vermoë. Steyn se sentrale lewenskompas is op die Vrouemonument aangebring: "Uw wil geschiede …".

Palabras clave : Afrikaner van die Afrikaners; belydende gereformeerde Christen; eerste seun van die land as president; Britse imperialisme.

        · resumen en Inglés     · texto en Holandés     · Holandés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons