SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número2The link between parental practices and the aggressive behaviour of learners with moderate intellectual dysfunction índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

WIERENGA, Roné  y  BREED, Adri. 'n Diachroniese benadering tot die ontwikkeling van die progressiewe perifrastiese konstruksies in Afrikaans en Nederlands: 'n Korpusondersoek. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.2, pp.588-619. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n2a11.

Die progressiewe perifrastiese konstruksies in Afrikaans en Nederlands is 'n tema wat heelwat aandag in resente taalkundeliteratuur geniet het. 'n Verskeidenheid sinchroniese studies het die drie ewekniekonstruksies van Afrikaans en Nederlands, naamlik die PREP-, besig-, en CPV-konstruksies al afsonderlik en vergelykend bestudeer, waaronder die vernaamste vergelykende studie dié van Breed, Brisard en Verhoeven (2017). Vanuit die literatuur is dit duidelik dat, alhoewel hierdie drie progressiewe perifrastiese konstruksies vormlike ewekniekonstruksies is, daar bepaalde verskille in die gebruike van hierdie konstruksies tussen Afrikaans en Nederlands voorkom. Hierdie artikel poog om die leemte in die huidige literatuur te vul, deur middel van 'n diachroniese studie wat gebruik maak van die Tracing History Trust-korpus (2011) en die Historiese korpus van Standaardafrikaans (2016). Die doel is om vas te stel óf en tot watter máte die verskille wat tans tussen die progressiewe konstruksies van Afrikaans en Nederlands bestaan, sigbaar was tydens die 17de, 18de en 20ste eeu.

Palabras clave : korpuslinguistiek; progressiewe perifrastiese konstruksies; Afrikaans; Nederlands; diachroniese benadering; diachroniese korpora; grammatikalisering; imperfektiewe aspek; Tracing History Trust-korpus; Historiese korpus van Standaardafrikaans.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons