SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número2What comes after South Africa's fiscal cliff?The buyers at the Cape of Reis naar Syrië en Palestina in 1851 en 1852 (1854) by CWM van de Velde índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

LOTTER, Casper. 'n Chinese padkaart vir die hervestiging van vrygelate gevangenes: 'n Gevallestudie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.2, pp.490-506. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n2a6.

Hierdie bydrae is 'n kruis-kulturele oefening, binne 'n filosofiese, interdissiplinêre perspektief, waar gesteun word op die werk van beide Derrida en Lacan oor die verplasing van die betekenaar van sy oorspronklike samehang na 'n vars, vreemde konteks. In die lig van die bewese versuim van hervorming en die onaanvaarbare mislukking van hervestigingspogings in Westerse jurisdiksies (wat Suid-Afrika insluit), word data op uitgesoekte straf- en hervestigingspraktyke in die Volksrepubliek van China ingewin en gekodeer met die oog op die aanbieding van 'n padkaart vir die hervestiging van vrygelate gevangenes op eie bodem. Die uitgesoekte temas wissel van hervestiging tot gevangehouding (in daardie omgekeerde orde). Die data is ingewin by wyse van sekondêre data-analise en gekodeer deur die gebruik van 'n tematiese patroon. Hierdie oefening is geïnspireer deur Braithwaite se belangrike onderskeid tussen hardestigmatiserend-beskamende kulture (Suid-Afrika, die VSA) en integrerend-beskamende kulture (China, Japan). Deur 'n abduktiewe ("abductive") navorsingsbenadering met 'n kultuurvermengingsmetode te verbind, is dit moontlik om data van die Volksrepubliek saam te snoer met waarnemings oor hoe dit bestaande hervestigingstendense in Suid-Afrikaanse pogings tot hervorming van gevangenes kan aanvul. Gegewe die ingewikkelde aard van misdaad, word van 'n interdissiplinêre benadering gebruik gemaak in 'n poging om met behulp van 'n nuwe aanwending van 'n ou teorie en in 'n nuwe konteks 'n beter begrip van misdaad te bekom.

Palabras clave : kruis-kulturele oefening; uitgesoekte straf; - en hervestigingspraktyke; Volksrepubliek van China; eie bodem; sekondêre data-analise; padkaart; hervestiging van vrygelate gevangenes; Braithwaite se belangrike onderskeid; hardestigmatiserend-beskamende kulture; integrerend-beskamende kulture.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons