SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número2Creolisation and healing in van Wyk Louw's Nuwe verse (New poems) and Tristia"The pot boils all over": NP van Wyk Louw, Johannes Degenaar and Afrikaans decolonisation índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

JOUBERT, Fanie  y  ROSSOUW, Jannie. Wat kom ná Suid-Afrika se fiskale afgrond?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.2, pp.471-489. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n2a5.

Die navorsing gee 'n perspektief op Suid-Afrika se vooruitsigte indien die land by wyse van spreke oor die rand van die fiskale afgrond sou stort. Die definisie van die fiskale afgrond wat in hierdie artikel gebruik word, het betrekking op die punt waar maatskaplike toelaes, rente op staatskuld en staatsdienssalarisse die totale inkomste van die Suid-Afrikaanse regering oorskry. Hierdie kantelpunt is reeds in die 2020/21- fiskale jaar bereik, maar die verwagting is dat dit slegs tydelik van aard is. Daar is dus beperkte ruimte om 'n permanente fiskale krisis af te weer, maar dan moet die salarisrekening van die staatsdiens ingekort word. Terselfdertyd sal die regering meer realisties vir laer ekonomiese groei en dus laer groei in belastinginkomste moet begroot. Die punt waar die fiskale afgrond bereik word, word met behulp van die fiskale afgrondbarometer bereken. Hiervolgens het Suid-Afrika se posisie dramaties verswak oor die afgelope dekade, onder meer omdat staatsdienssalarisse en rentebetalings op staatskuld té vinnig gegroei het. Terselfdertyd het inkomste baie stadiger gegroei weens die inkrimping in Suid-Afrika se potensiële en werklike ekonomiese groeikoerse. Die navorsing oor die fiskale afgrond het 'n impak op regeringsbeleid gehad, maar dit is waarskynlik 'n geval van "té min, té laat". Opsommenderwys kan die belangrikste bydrae van die navorsing beskou word as (i) die insluiting van die frase "fiskale afgrond" in die Suid-Afrikaanse leksikon, (ii) 'n duidelike fokus op die probleem in die burgerlike samelewing, (iii) deursigtige rapportering oor die staatsdienssalarisrekening deur die regering, en (iv) 'n fokus op bestedingsvergelyking met die inkomstekant van staatsfinansies, eerder as die uitgawekant. As Suid-Afrika in gebreke sou bly om 'n fiskale afgrond af te weer, bestaan die risiko dat die land se toekoms sekere elemente van 'n mislukte staat ("failed state") mag insluit. Fondse vir dienslewering sal meer beperk wees terwyl rentebetalings op staatskuld onder druk sal kom, wat tot likiditeitsprobleme by pensioenfondse kan bydra. Die enigste opsie is dus vir die Suid-Afrikaanse regering om 'n fiskale afgrond te vermy.

Palabras clave : ekonomiese leksikon; fiskale afgrond; fiskale volhoubaarheid; maatskaplike toelaes; mislukte staat; staatsdienssalarisse; rente op staatskuld; staatskuld.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons