Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Abstract
STRAUSS, DFM (Danie). Wysgerige kanttekeninge oor enkele aspekte van lewe en dood. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.2, pp.452-470. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n2a4.
Teen die einde van die 18de eeu is virusse ontdek en getipeer as skynbare oorgangsentiteite tussen nielewende en lewende dinge. Dit het aanleiding tot verskeie (wysgerige) grensprobleme gegee. Aan die een kant word aandag geskenk aan die vermeende gelyktydige ontstaan van proteïene en kernsuur en aan die ander kant word besin oor die vraag wat 'n plant is. Simpson en Von Bertalanffy word betrek om te beklemtoon dat molekules nie lééf nie. Dit open die weg na enkele gedagtes oor die aard van stoflike entiteite. Vervolgens word aandag geskenk aan die grensvraag na die oomblik van die dood en afgesluit met enkele juridiese oorwegings.
Keywords : virus; (nie)lewend; dualisme; monisme; wat is 'n plant?; oomblik van dood; konstitusionele regte; masker; sosiale afstand.