SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número2Creolisation and healing in van Wyk Louw's Nuwe verse (New poems) and Tristia índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

TEMPELHOFF, Johann. Die Antroposeen en historiese bewussyn. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.2, pp.429-451. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n2a3.

Sedert die vroeë 2000's het die "Antroposeen" 'n gonswoord geword waarvan natuur- en menswetenskaplikes asook die breë samelewing kennis geneem het. 'n Voorgestelde klassifisering van 'n "Antroposeen-epog" in die geologiese stratigrafie van die planeet, beteken dat die huidige geologiese stratigrafiese tydsindeling uitgebrei word. In werklikheid word verklaar dat meer dissiplines selfs buite die natuurwetenskappe, nodig is om kennis te neem van die toenemende mensgedrewe vernietiging van die aardse ondersteuningstelsel wat lewe onderhou. Hulpbronskaarsheid, omgewingsvernietiging en klimaatsverandering is die gevolg van die mensdom se ekologiese voetspoor. Daar word aanvaar dat vooruitgang en ongebreidelde ekonomiese groei nie volhoubaar is nie. Die toenemende uitwissing van endemiese plant- en dierspesies dui regstreeks op die antropogeniese oorbenutting van menslike hulpbronne. Die mensdom word tans selfs as die agent van omvangryke geologiese verandering uitgesonder - vandaar die gebruik van die term "Antroposeen". Geowetenskaplikes het nog nie konsensus oor die Antroposeen bereik nie. Een groep reken klimaatsverandering is bloot 'n natuurlike proses. Heelwat is krities teenoor die potensiële waarde van samewerking met wetenskaplikes in ander vertakkings van die natuur- en menswetenskappe. Hulle is huiwerig om, sonder die nodige bewysgronde, veranderinge van "sogenaamde nuwe insigte" in die breër raamwerk buite hul spesialiteitsterreine te aanvaar. Op hul beurt meen Antroposeen-voorstanders die tyd is ryp vir die aaneenskakeling van geowetenskappe by ander natuur- en menswetenskappe. Ten spyte van omvattende internasionale media-publisiteit en akademiese navorsingswerk, het die Internasionale Kommissie vir Stratigrafie (IKS) in 2018 die voorstel vir 'n nuwe "Antroposeen-epog" deur 'n spesialis Antroposeen Werkgroep (AWG) van die hand gewys. Die werkgroep het juis in opdrag van die kommissie gewerk. Die debat duur egter voort in die Internasionale Unie van Geologiese Wetenskappe (IUGW). Dit mag etlike jare duur voordat die Antroposeen as epog erken word. In Geskiedenis as dissipline, beteken dit dat 'n nuwe historiese bewussyn ontwikkel, waarin vereis word dat die gesprek oor die Antroposeen natuur- en menswetenskappe betrek. Daaruit moet 'n etiese selfbewussyn ontspring om verantwoordelik oor die aarde se verlede, hede en toekoms te besin.

Palavras-chave : Antroposeen-epog; Holoseen; stratigrafie; klimaatsverandering; Internasionale Kommissie vir Stratigrafie (IKS); transdissiplinariteit; Antroposeen Werkgroep (AWG); historiese bewussyn; sesde uitwissing; geowetenskappe; natuurwetenskappe; sosiale en geesteswetenskappe; tegnologie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons