SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue2NP van Wyk Louw (1906-1970) author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

KLOPPERS, Elsabé. 'n Lied vir donker tye (Wer nur den lieben Gott lässt walten - Wie maar op God wil werp sy sorge). Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.2, pp.412-428. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n2a2.

Die Covid-19-pandemie het groot lyding veroorsaak en die einde is nog nie in sig nie. Wat help mense in swaar tye, tydens die "lockdowns" van die lewe? Wer nur den lieben Gott lässt walten van Georg Neumark (1621-1681) dien as voorbeeld van 'n lied wat mense in die konteks van geleefde geloof kan bemoedig. Die lied het neerslag gevind in baie Duitse gesangboeke en vertalings daarvan is in gesangboeke oor die wéreld opgeneem. In orrel-voorspele, kantates en ander musiekwerke word dit tot klank gebring. Tydens die Eerste Wéreldoorlog het dit mense in Duitsland getroos, maar is ook vir militaristiese en patriotiese doeleindes gebruik. Die lied speel 'n prominente rol in twee films: Babette 's Feast (1987) en Vaya con Dios (2002). In beide films word getoon hoe die lied mense in die uitlewing van hul geloof 'n stem gee en hoe hulle God se stem daarin hoor. In die artikel kry die agtergrond van die lied en die oorspronklike Duitse teks aandag. Daarna word die vertaling in Afrikaans en die wysigings aan die teks krities bespreek. Ses van die sewe strofes van GBA Gerdener se vertaling in Afrikaans (1931) is opgeneem in die Psalm- en Gesangboek (1944). Vir die Psalm-en Gesangboek (1978) is die teks drasties verkort tot drie strofes. Veranderinge in die weergawe vir die Liedboek van die Kerk (2001) het die band met die oorspronklike teks verder verbreek. In samehang met die treffende melodie (en met aspekte van die ouer weergawe wat nog in mense se himniese geheues lewend is), kan die lied mense steeds bemoedig en hulle aan God se teenwoordigheid herinner. Die resepsiegeskiedenis dui op die voortgaande werking van die lied in verskillende kontekste van geleefde religie.

Keywords : Geleefde religie; gesange; liedere; geloofsliedere; ontstaansgeskiedenis; vertalings; resepsiegeskiedenis; kollektiewe himniese geheue; vryheid; hoop; vertroue; musiek in films; Babette 's Feast; Vaya con Dios.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License