SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

LAUWRENS, Jenni. Behou kontak! Beliggaamde persepsie, aanraking en digitale kommunikasie oor 'n afstand. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.2, pp.391-411. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n2a1.

As gevolg van die vinnige verspreiding van die nuwe koronavirus en die COVID-19-pandemie is die fisiese grense van aanraking in 2020 verskuif en aggressief in openbare ruimtes (her)polisieer. Gevolglik word "om kontak te behou" met geliefdes en kollegas toenemend deur middel van digitale tegnologieë bedryf. Deur strategiese reklameveldtogte belowe verskeie mobielenetwerkmaatskappye dat hulle netwerke geleenthede bied vir naatlose aanlyn voortsetting van sowel ontspanning as werkbedrywighede. Hulle slagspreuke beklemtoon dat "samesyn/saamwees" en "kontak behou" voortgesit kan word terwyl jy op die internet is, en samesyn en verbinding is vinnig voorgehou as die grondslag van 'n nuwe wyse van kontak behou met ander mense. In hierdie artikel ondersoek ek, aan die hand van kritiese teorieë oor digitaliteit in verhouding met advertensies, prototipes, beeldmateriaal op sosialemediaplatforms en kunswerke, spesifieke kwessies wat uit hierdie situasie voortspruit. Daardeur verken hierdie artikel die manier waarop beliggaamde persepsie en aanraking in afstand- digitale omgewings voorgehou, uitgevoer en ervaar word, en illustreer hoe die belofte van digitale aanraking nie heeltemal buite ons bereik is nie.

Keywords : interoseptiewe aanraking; eksteroseptiewe aanraking; digitale kommunikasietegnologieë; beliggaamde ervaring; haptiese tegnologieë; teenwoordigheid; teleteenwoordigheid; medeteenwoordigheid; haptiese visualiteit.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License