SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

WOLHUTER, Charl. Die opstuwende geesteswetenskappe-inskrywings aan Hoëronderwysinstellings wêreldwyd. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.1, pp.367-382. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a21.

Hierdie artikel bied 'n bestekopname en kritiese, sinsoekende bevraging van die geesteswetenskappe as 'n kollektief aan universiteite en binne die samelewing van die een-en-twintigste eeu. Nadat universiteite vir baie lank op die rand van die samelewing was, het die universiteit as instelling na die middelpunt beweeg sedert die middel van die twintigste eeu, en meer so sedert die aanbreek van die wêreldwye hoëronderwysrevolusie vanaf ongeveer 1990. Deel van die massifikasie wat die hoofkenmerk van hierdie revolusie is, is die toename in geesteswetenskappe-inskrywings. In die lig van die eise wat die huidige eeu se ontvouende samelewing aan hoër onderwys stel, is hierdie tendens te verwelkom. Die grootste leemte is dat daar geen dienooreenkomstige navorsingsaktiwiteit is om hierdie studentekorps of hul dosente te begelei tot die beste onderwys en onderwysstelselpraktyk nie. In die slotgedeelte van hierdie artikel word enkele aanbevelings vir die agenda van so 'n navorsingsprojek gemaak.

Keywords : demokratisering; geesteswetenskappe; hoër onderwys as navorsings-veld; hoëronderwysinskrywingsgetalle; individuele opbrengskoerse; internasionale hoëronderwysrevolusie; maatskaplike opbrengskoerse; samelewingskritiek; sosiale wetenskappe; universiteit.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License