SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número1The registrar and the evangelist: Exploratory thoughts on the methodological interaction between the law and Biblical scienceJesus' crucifixion and resurrection: An academic-historical evaluation of the sources índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

BEUKES, Johann. Hendrik van Harclay (ca.1270-1317) se kritiese Skotisme, afgelei uit sy Quaestiones Ordinaire (1312-1317). Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.1, pp.259-281. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a16.

Hierdie artikel bied 'n oorsig oor die lewenswerk en 'n interpretasie van die belangrikste uitset van 'n onderbeskrewe denker in die hoogskolastiek aan: Hendrik van Harclay (ca.1270-1317), voormalige kanselier van die Universiteit van Oxford en biskop van Lincoln (vanaf 1312 tot 1317) se geredigeerde nalatenskap, tot op datum nog net byeengebring in die 29 vrae in sy Quaestiones Ordinaire en geskryfjuis in die produktiewe periode tussen 1312 en 1317, word aan die orde gestel met betrekking tot sy ooreenstemmingsteorie (in kritiese verset teen sy andersins vernaamste diskursiewe invloed, Johannes Duns Skotus (ca.1266-1308) se teorie van algemene natuur of natura communis), sy unieke en selfs "Harcliaanse" konseptualisme, sy beskouinge oor die ontologiese status van relasionele toevallighede, sy toepassing daarvan op 'n etiese raamwerk met verwysing na die verhouding tussen deug en wil en sy eg Franciskaanse prioritisering van die wil bo die intellek. Deur Harclay se Skotisme uitdruklik as krities te substansieer, lewer die artikel 'n noemenswaardige bydrae in die betreklik jong resepsie van hierdie ontwykende filosoof-teoloog se bydrae tot hoog skolastiese ontwikkelinge in die vroeë14de eeu.

Palabras clave : Johannes Duns Skotus (ca.1266-1308); Franciskaanse filosofie-teologie; Hendrik van Harclay (ca.1270-1317); MG Henninger; konseptualisme; natura communis; die ontologiese status van relasionele toevallighede; Quaestiones Ordinaire; Skotisme; deug en wil; die prioritisering van die wil bo die intellek.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons