SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BEUKES, Johann. Hendrik van Harclay (ca.1270-1317) se kritiese Skotisme, afgelei uit sy Quaestiones Ordinaire (1312-1317). Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.1, pp.259-281. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a16.

Hierdie artikel bied 'n oorsig oor die lewenswerk en 'n interpretasie van die belangrikste uitset van 'n onderbeskrewe denker in die hoogskolastiek aan: Hendrik van Harclay (ca.1270-1317), voormalige kanselier van die Universiteit van Oxford en biskop van Lincoln (vanaf 1312 tot 1317) se geredigeerde nalatenskap, tot op datum nog net byeengebring in die 29 vrae in sy Quaestiones Ordinaire en geskryfjuis in die produktiewe periode tussen 1312 en 1317, word aan die orde gestel met betrekking tot sy ooreenstemmingsteorie (in kritiese verset teen sy andersins vernaamste diskursiewe invloed, Johannes Duns Skotus (ca.1266-1308) se teorie van algemene natuur of natura communis), sy unieke en selfs "Harcliaanse" konseptualisme, sy beskouinge oor die ontologiese status van relasionele toevallighede, sy toepassing daarvan op 'n etiese raamwerk met verwysing na die verhouding tussen deug en wil en sy eg Franciskaanse prioritisering van die wil bo die intellek. Deur Harclay se Skotisme uitdruklik as krities te substansieer, lewer die artikel 'n noemenswaardige bydrae in die betreklik jong resepsie van hierdie ontwykende filosoof-teoloog se bydrae tot hoog skolastiese ontwikkelinge in die vroeë14de eeu.

Keywords : Johannes Duns Skotus (ca.1266-1308); Franciskaanse filosofie-teologie; Hendrik van Harclay (ca.1270-1317); MG Henninger; konseptualisme; natura communis; die ontologiese status van relasionele toevallighede; Quaestiones Ordinaire; Skotisme; deug en wil; die prioritisering van die wil bo die intellek.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License