SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número1The Pandour Corps, 1793-1795 : Soldiers in defence of the Cape Colony towards the end of Dutch rule índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

STRAUSS, Piet. Kerk en reg in die Nederduitse Gereformeerde Kerkorde van 2015. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.1, pp.229-245. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a14.

Johannes Calvyn en die gereformeerdes aanvaar nie Sohm se stelling in 1892 dat die kerk geestelik en die reg wérelds is nie. Wat hulle betref, het God die wêreld as 'n eenheid in 'n verskeidenheid geskape met geen spanning tussen enige kante daarvan nie. Boonop funksioneer elke aksie van die kerk as 'n geloofsverband onder leiding van die geloof in alle aspekte van die werklikheid. Die samehang tussen die kern van hierdie aspekte lé beginsels vir so 'n geloofsaksie bloot: 'n geloofsaksie wat ook 'n regskant het. Die Kerkorde van 2015 van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (voortaan NGKO-2015) vertoon regskante by die ampte, vergaderings, arbeid, tug en betrekkinge van die kerk na buite - die temas van die hoofstukke van hierdie Kerkorde. Sodanige gegewe illustreer die samehang tussen kerk en reg. Daarby noodsaak hierdie samehang die aanvaarding deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk (voortaan NG Kerk) van die regsordes van die state - onder meer die Republiek van Suid-Afrika - waarbinne hy bestaan.

Palavras-chave : God vereis orde; Bybel gee beginsels; skepping 'n eenheid in verskei-denheid; elke daad het 'n regskant; reëls van natuurlike geregtigheid geld in tugsake.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons