SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue1An exploration of earth system vulnerability in the context of landfills in the AnthropoceneCreation of infrastructure during the Prime Ministry of BJ Vorster: Asset or liability for the South African economy? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

JANSE VAN RENSBURG, Antiünette  and  DREYER, Wim. Godsdiens en die reg: Herwaardering van die Hervormde Kerk se Besluit 41 (2016) oor homoseksualiteit1. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.1, pp.211-228. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a13.

Een van die ingrypende, traumatiese en emosiebelaaide kwessies waaroor kerke in die laaste twee dekades besluite geneem het, is homoseksualiteit en die toelating van gay mense tot die amp van predikant. Hierdie bydrae handel oor Besluit 41 (2016) wat die Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (Hervormde Kerk) oor homoseksualiteit geneem het. Besluit 41 (2016) word terugskouend, op grond van tersaaklike kerkregtelike beginsels, beoordeel en herwaardeer, met enkele opmerkinge oor die regsimplikasies daarvan. Tradisioneel moet kerkvergaderings die Bybel, belydenisskrifte, kerkorde, besluite van vorige vergaderings en usansie in gedagte hou wanneer daar oor 'n saak besin en besluit word. In hierdie bydrae word geredeneer dat die beginsel van administratiewe geregtigheid ook ter sake is, nie net uit vrees dat howe 'n kerklike besluit ter syde kan stel nie, maar omdat dit 'n inherente deel van die Christelike kerk is om mense met liefde en billikheid te behandel. Daarbenewens is die plek en die funksie van die kerkorde as onderlinge kontrak ter sake. Dit beteken dat ook die kontraktereg ter sprake kom wanneer die hof kerklike besluite hersien. So voldoen kerklike besluite nie net aan die eise van die Woord nie, maar ook indirek aan die bedoeling van die Grondwet van Suid-Afrika.

Keywords : Hervormde Kerk; kerkreg; kerkorde; kerkvergaderings; besluite; administratiewe geregtigheid; Woord van God; belydenis; usansie; prosedures; bevoegdheid.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License