SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número1Translation and adaptation as interpretation and strategy: My Seuns by Christo Davids against the background of All My Sons by Arthur MillerAn exploration of earth system vulnerability in the context of landfills in the Anthropocene índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DU PLESSIS, Elmien. Geloof, gelykheid en die beskeie sistemiese rol van eiendomsreg in die Beloftebos-saak. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.1, pp.177-192. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a11.

Vroeg in 2020 het 'n trou-venue in die Kaapstad-omgewing geweier dat twee vroue met mekaar trou op hul perseel. Dit sal inbreuk maak op hul eie geloofsoortuigings, het die eienaars beweer. Baie mense het ter ondersteuning van die optrede aangevoer dat die besigheid die reg van toegang tot die perseel mag voorbehou. Op grond van sekere inhoudsbevoegdhede wat spruit uit eiendomsreg, soos die bevoegdheid om toegang te weier op grond van geloofsoortuigings, het die eienaars vervolgens geargumenteer dat die uitsluiting regverdigbaar was. Eiendomsreg hou sekere belangrike bevoegdhede vir die eienaar in, soos om iemand van jou eiendom te kan uitsluit. Sommige mense sal redeneer dat 'n kontekstuele benadering vereis dat daar in spesifieke omstandighede bepaal word of - en tot watter mate - uitsluiting geregverdig is. Ander aanvaar dat die reg om mense uit te sluit absoluut en duidelik in reëls vasgevat is, en dat dit die basis van die reg tot eiendom vorm. Meer progressiewe eiendoms-teorieë bied normatiewe argumente wat die beperking van eiendomsreg ondersteun - soos dat menswaardigheid belangrik is, of dat uitsluiting in elk geval onderworpe is aan soveel ander voorwaardes dat 'n eenvoudige reeling van "bly uit!" nie neergelê kan word nie. AJ van der Walt voer egter aan dat eiendomsreg eintlik 'n beskeie sistemiese rol in die reg speel - soos dit hoort. Met ander woorde, in sommige gevalle word verskille wat handel oor eiendomsgebruik besieg deur eerder nie-eiendomsregte, soos die reg op lewe, menswaardigheid, gelykheid en vryheid van spraak, te beskerm. In hierdie gevalle speel eiendomsreg 'n beskeie of ondergeskikte rol. Daar is dikwels belangrike en sistemiese redes hoekom dergelike regte, wat nie regstreeks met eiendom verband hou nie, bo eiendomsregte beskerm moet word. Aan die hand van die bogenoemde teorie beoog hierdie artikel om die rol en plek van eiendomsregreëls te ondersoek in gevalle waar eienaars steun op die inhoudsbevoegdheid van uitsluiting op grond van geloofsoortuigings.

Palabras clave : selfdegeslaghuwelike; gelykheid; geloof; beskeie sistemiese rol van eiendomsreg; grondwet; sakereg; sakeregteorieë.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons