SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número1The role of religious identity in determining the "mode ofpersecution" for crimes against humanityReligion, equality and the modest systemic role of property law in the Beloftebos case índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

RAATH, Andries  y  VERHOEF, Gerardus. Knelpunte by regsbeskerming van inheemse spirituele kennis, openbaredomein-gebaseerde inligting en die implementering van die bestaande normkomplekse ter regulering van intellektueelgoedereregte in die Suid-Afrikaanse reg. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.1, pp.155-176. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a10.

In 'n vorige artikel is daarop gewys dat die voorgenome beskerming van inheemse kennis ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing 'n groot impak op openbaredomein-gebaseerde kennis sal hê. In daaropvolgende navorsing is aangetoon dat die effek van die addisionele sui generis-beskerming van inheemse kennis 'n onoorsigtelike spektrum van openbaredomein-gebaseerde kennis affekteer en dat inheemse groeppersone eiendomsregte staan te verwerf, wat 'n groot spektrum van openbaredomein-gebaseerde kennis privatiseer. Ten einde die effek van die inwerkingtreding van die betrokke wetgewing op die beskerming van spirituele kennis van inheemse gemeenskappe te bepaal, moet op die verband tussen inheemsekennisbeskerming en ubuntu-georiënteerde spirituele kennis gewys word, asook die effek daarvan op inheemsekennisbeskerming as 'n kategorie van die beskerming van kulturele kennis. Hoewel die verband wat ubuntu-spiritualiteit met inheemse kennis handhaaf, nie spesifiek in die betrokke wetgewing aangedui word nie, is dit implisiet ingesluit by die omvattende omskrywing van inheemse kennis in die IK-Wet, 2019. Die Wet definieer "inheemse kennis" as kennis wat binne 'n inheemse gemeenskap ontwikkel is, welke kennis in die kulturele of sosiale identiteit van sodanige gemeenskap opgeneem is, en sluit die volgende in: (a) kennis van funksionele aard; (b) kennis van natuurlike hulpbronne; en (c) inheemse kultuuruitdrukkings (artikel 1). "Kulturele en sosiale identiteit" word vervolgens beskryf as die spesifieke onderskeidende identiteit of eienskappe ("characteristics") van 'n bepaalde groep, of van 'n individu vir sover sodanige individu deur sy/haar lidmaatskap van 'n bepaalde groep of kultuur beïnvloed is (artikel 1). Ingevolge die vereistes ter beskerming van inheemse kennis ingevolge artikel 11, word spirituele kennis wat met ubuntu geassosieer word, by inheemse kennis ingesluit, synde (a) kennis wat binne inheemse gemeenskappe van geslag tot geslag oorgedra is; (b) binne inheemse gemeenskappe ontwikkel is; en (c) met die kulturele en sosiale identiteit van sodanige inheemse gemeenskappe geïdentifiseer word (artikel 11). Teen dié agtergrond word twee vrae in hierdie artikel vir bespreking uitgesonder: (a) Wat is die implikasies van die insluiting van ubuntu-gebaseerde spiritualiteit by die intellektuele goedere wat in die nuwe wetgewing ter beskerming van inheemse kennis uitgesonder word?, en (b) in welke mate is dié inheemseregbeskerming belyn met die bestaande normkomplekse ter regulering van intellek-tuele goederegte?

Palabras clave : ineemse spirituele kennis; intellektuele goedereregte; openbare domein; Wet op Beskerming; Bevordering; Ontwikkeling en Bestuur van Inheemse Kennis 6 van 2019; Wet op Nasionale Erfenishulpbronne 25 van 1999; Wysigingswet op Intellektuele Eiendomsreg Wet 28 van 2013.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons