SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número1Oskar en die Pienk Tannie: The journey of an improbable pair from a French to an Afrikaans stage"Who is speaking here?" The role of the adapter in adapting a novel into a youth theatre production that includes cultural and geographical translocations índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN COLLER, Helena. Vryheid van uitdrukking: Godslastering en die verbod op godsdienstige haatspraak. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.1, pp.87-106. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a7.

Artikel 16 van die Suid-Afrikaanse Grondwet waarborg die reg op vryheid van uitdrukking. Hierdie reg geld egter nie sonder beperking nie en sekere beperkings is nie hierby ingesluit nie. Artikel 16(2)(c) is die bepaling waarna in die algemeen verwys word as die "haat-spraakbepaling", naamlik uitdrukkinge gerig op die verkondiging van haat wat op godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te doen, insluit. 'n Belangrike aspek van die reg op vryheid van uitdrukking en veral die verbod op haatspraak is die reg op godsdienstige waardigheid, wat insluit om nie op grond van ander se geloof, godsdiens, oortuigings of godsdienstige handelinge geviktimiseer, bespot of belaster te word nie. Ooreenkomstig ons gemenereg is godslastering steeds 'n misdaad wat bestaan uit die wederregtelike, opsetlike publikasie van woorde of optrede waardeur God beledig of belaster word. Tans vorm die gemeenregtelike misdaad van godslastering steeds deel van die Suid-Afrikaanse reg en dit is deur geen wetgewing formeel herroep of selfs ongrondwetlik verklaar nie, hoewel daar verskeie oproepe is wat die bestaansreg van hierdie misdaad in twyfel trek. Met verwysing na verskeie uitsprake van ons howe, is dit duidelik dat die betekenis van die gemeenregtelike misdaad, godslastering, soos dit ook deur ons howe ontwikkel en geïnterpreteer is, ooreenkomstig artikel 39 van die Grondwet aangepas en ontwikkel moet word en binne die raamwerk van die haatspraakbepaling en gevolglike vereistes daarvan verstaan en toegepas moet word.

Palabras clave : Vryheid van uitdrukking; godsdiensvryheid; godslastering; haatspraak; aanstigting van geweld; verkondiging van haat; gosdiens; bespotting; laster.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons