SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número1South Africa's highest court deals a mortal blow to the common-law defence of parental authority to administer reasonable and moderate correction: Reflecting on the case of Freedom of Religion SA v Minister of Justice and Others 2020 (1) SA1 (CC)The wearing of the Islamic hijab by South African National Defence Force members índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

OOSTHUIZEN, Izak J  y  VAN DER WALT, Johannes L. Waardegedrewe opvoedende onderwys in die konteks van godsdiensvryheid as mensereg. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.1, pp.57-70. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a5.

Onderwys in skole behels wesenlik leiding aan leerders om voorgeskrewe kennis en vaardighede onder die knie te kry. Die meeste skoolgemeenskappe vereis egter meer as net sulke blote onderrig-leerhandelinge en spits hulle gevolglik toe op opvoedende onderwys, dit wil sê vorme van onderwys gerig op die toerusting en vorming van leerders met die oog op hulle toekomstige lewensroeping. Skoolgemeenskappe gee by wyse van hulle beheerliggame uitdrukking aan dergelike vormings- en toerustingswaardes in hulle skole se visie- en missiestellings. Sulke opvoedende onderwyswaardes vloei voort uit die betrokke skoolge-meenskap se godsdienstige, spirituele en lewensbeskoulike waardes, en kan slegs uitgeleef word in 'n regsomgewing waar godsdiensvryheid as mensereg erken word. In Suid-Afrika word hierdie reg wel erken, maar enkele klein verstellings aan wetgewing en riglyne kan omstandighede nog gunstiger vir skole maak om hulle lewensbeskoulike identiteit ten volle te kan uitleef. Wetgewing behoort byvoorbeeld duideliker te stel dat die beheerliggame van skole, ook van openbare skole, die reg het om die lewensbeskoulike identiteit van hulle betrokke skool te bepaal en uit te leef, op voorwaarde dat dit geskied op niediskriminerende wyse teenoor leerders en hulle gemeenskappe wat ander gelowe aanhang.

Palabras clave : menseregte; godsdiensvryheid; waardes; onderrig en leer; opvoeding; onderwys; skoolidentiteit.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons